
Zazi se groot droom is om te dans, maar sy is te bang om te probeer. Sê nou sy is nie goed genoeg nie? Wat sal mense sê?
Met die aanmoediging van haar ouers skuif Zazi haar vrese opsy en skraap die moed bymekaar om na haar hart te luister.
Jou kans om te dans is ’n inspirerende storie oor hoe om jou drome te volg en ander mense toe te laat om jou by te staan op jou reis.

