Vlug na 'n mier sê jy? Wat beteken dit? Dis net in flieks soos 'Forest Gump' wat mense verhewe konnotasies aan enkellyn absurditeite heg; dit werk nie so in die werklikheid nie.
Feite kan verander. Voor 1950 was dit 'n feit dat die mens 22 chromosome het. Voor ruimtereise was dit 'n feit as jy iets soos 'n koppie in die lug hou en los, dat dit val. Feite is belangrik, maar nie onveranderlik nie.
'n Koppie val nog steeds as jy hom los, dis 'n feit so ook die feit dat die aantal chromosome na 1950 nie verander het nie. 'n Wan-, of verkeerde, opvatting verander nie die feite nie. Terloops, laaank voor ruimtereise het mense al geweet jy kan iets in 'n baan om die aarde, of son of enige hemelliggaam plaas.
Beste Jan,
Feite is mensgemaakte idees, soos hipoteses, wette, en teorieë. Daar kon dus nie 4,5 miljard jaar gelede enigeen van die vier bestaan het nie. Dit was vir die mensdom eens 'n feit dat die aarde plat is. Met die wetenskaplike kennis wat ons nou het, weet ons dit is verkeerd. Samuel Birley Rowbotham het bv in 1816 "bewys" dat die aarde plat is, deur in die winter met 'n teleskoop plat op sy maag op die bevrore Bedfordkanaal te lê en kon hy skaatsers 6 myl ver sien skaats. Dit is ook so geleer aan kinders op skool, en diegene wat dit teengestaan het, is gemaan om tog nie te diep te delf in dit wat die Bybel ons leer nie. Uiteindelik het dit op hofsake uitgeloop toe wetenskaplikes begin uitwys het dat Copernicus en Galileo alreeds bewys het dat die aarde rond is. (Vgl John Hampden vs Wallace (Darwin se eweknie)) Die meeste mense dink feite is onveranderlik, die belangrikste deel van die wetenskap, maar wetenskaplikes beskou die teorie as die belangrikste, dan wette, dan hipoteses en dan eers volg feite.
Groete,
Angus
Beste CM en Jan,
Feite kan verander of julle dit nou wil glo of nie, en dis ʼn feit soos ʼn koei. So deur die jare is ek ʼn hele klomp feite die kop ingeprent, en eksamen daaroor geskryf.
Feit: Pluto is die tiende planeet in ons sonnestelsel. (Deesdae word dit beskou as slegs ʼn klippie wat om die son draai.)
Feit: diamant is die hardste stof op aarde. (Diamant nanorod, Rhenium diboried, Beta koolstofnitried, boronnitried, is baie harder.)
Feit: Die hoogste berg in Suid-Afrika is Mont Aux Sources. (Deesdae is dit ʼn feit dat dit Thabana Ntlenyana is.)
Verder: Newton se wette is omvergegooi deur Einstein, gaan kyk maar so ʼn bietjie.
Die mensdom het dit eens as ʼn feit aanvaar dat die aarde die middelpunt van ons sonnestelsel is, totdat Copernicus en Galileo die feit die nek ingeslaan het. Vandag is dit ʼn feit dat die son die middelpunt is van ons sonnestelsel.
ʼn Feit is tydgebonde. Dit is ʼn stukkie waarheid wat op daardie oomblik as onveranderlik aanvaar word. Niemand kan in die toekoms kyk wat van ʼn feit word, soos julle met nawete kan doen nie.
Groete,
Angus
Beste CM en Jan,
Om julle twee menere se koppe so bietjie uit die groef van onveranderlikheid te lig, net die volgende:
Alles is besig om te verander, en 'n mens kan feite op so 'n tydlyn plaas: feite wat vinnig verander links, na feite wat nooit of byna nooit verander nie, regs.
Links sal bv wees die feit dat Brent ru-olie se prys $49 per vat is, regs daarvan die feit dat my motor splinternuut is. Regs daarvan kom bv die feit dat ek jonk en gesond is. Dan bietjie meer na regs, kom die feit dat my huis se dak nie lek nie. Verder regs die feit dat die All Blacks die nommer een span in die wêreld is. Nog verder regs, mense word gebore met vyf vingers aan elke hand. Nog verder regs, die son kom in die ooste op en gaan in die weste onder. Nou moet julle maar julle feite ook rangskik en kyk of almal dalk heel regs lê.
Groete,
Angus
Angus, jy verwar 'feit' met 'begrip', 'opvatting', 'idee', 'mening', 'konsep' of so iets. Indien jy 'n opvatting het wat nie strook met die feite nie dan is dit 'n wanbegrip of wanopvatting; soos dat die aarde plat is. Dit is 'n feit dat jou Rowbotham met 'n halfgebakte eksperiment tot die verkeerde gevolgtrekking gekom het naamlik dat die aarde plat is want dis 'n feit soos 'n koei dat die aarde rond is. Om die waarheid te sê, Erastothenes het meer as 2000 jaar gelede al die omtrek van die aarde bepaal (deur die meet van skaduwees) so wat Rowbotham met daardie eksperiment besiel het weet g'n mens nie.
As Thabana Ntlenyana die hoogste berg in SA is, is dit 'n feit en dit was onkunde wat mense laat dink het dat Mont Aux Sources die hoogste was; dit was 'n wanbegrip. Feite is dus nie mensgemaak soos jy beweer nie; soos CM sê, feite verander nooit, net die versinsels.
Beste Jan,
Ek weet nie wat 'n 'of so iets' is nie, maar ek weet wat 'n feit is, wat 'n begrip is, wat 'n opvatting is, wat 'n idee is, wat 'n mening is, en wat 'n konsep is. Ek verwar niks met mekaar nie, is sober van gebruike en helder van denke.
Vir Rowbotham en sy volgelinge was dit 'n voldonge feit dat die aarde plat is, en hulle het dit wiskundig en andersins bewys. Dis vir baie en vir my ook nie 'n feit nie. Ek gebruik dit maar net om vir jou onthalwe sodat jy 'n beter begip van die woord 'feit' kan kry. Ek sal dink daaroor, en miskien hier onderaan verder vir jou verduidelik dat feite nie die wet van die Mede en die Perse is nie; daar is feite wat verander en dan feite wat mensgemaak is.
Groete,
Angus
Beste Jan,
Aan jou skrywe hierbo is dit duidelik dat jy nie mooi begryp wat ʼn feit is nie. ʼn Feit is ʼn gegewe wat meestal op hierdie huidige oomblik (in die teenwoordige tyd) waar is. Die outentisiteit daarvan word meestal aanvaar sonder om ondersoek in te stel. Kom, ek gee vir jou ʼn paar voorbeelde.
Feit: die aarde is rond. (Die meeste mense aanvaar dit sonder om elke keer ondersoek in te stel. Dit geld vir nou, en ook die toekoms, en is dus onveranderlik.)
Feit: Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 in Tafelbaai aangekom met sy drie skepe. (Dis waar van toe tot nou en in die toekoms.)
Feit: Die prys van Brent ruolie (die korrekte spelling) is nou, terwyl ek tik en op die rekenaar kyk, R669.52 per vat. (Hierdie feit is veranderlik. )
Feit: Donderdag (11/24/2016) was die prys van ruolie op ʼn stadium R671.76 per vat. (Hierdie feit is onveranderlik.)
Bestudeer bogenoemde aandagtig, en hopelik sal jy my nie daarvan “beskuldig” dat ek ‘feit’ met ‘begrip’, ‘opvatting’, ‘idee’, ‘mening’, ‘konsep’, ‘of so iets’ verwar, en dan self die begrippe met mekaar verwar, wat nie juis verkeerd is nie.
Natuurlik is alle feite mensgemaak. Wie dink jy, het gesê die aarde is rond? God? Wie dink jy het Thabana Ntlenyana sy naam gegee, en sy hoogte bo seespieël bepaal? God? Onthou, ʼn feit is slegs ʼn feit as dit in taal omskrywe is, en dan bedoel ek taal in sy wydste sin. ʼn Feit kan ook bv. deur ʼn tekening of formule oorgedra word.
Feite is natuurlik ook snaakse geite. Wat vir sommiges feite is, is vir ander weer onsin. Vir die Christen is dit ʼn feit dat God en die hemel en die hel bestaan. Vir die ateïs is dit weer pure twak.
Groete
Angus
Nee Angus, feite is nie mensgemaak nie. Aristoteles (of een van daardie ou Grieke) het gesê 'n 10-pondgewig val 10x vinniger as 'n eenpondgewig wat, natuurlik, soos Galileo by die toring van Pisa bewys het, onsin was. Die feit is daardie twee gewigte val ewe vinnig aarde toe en diegene wat Ari se stelling as 'n feit aanvaar het was verkeerd. Die feit dat 'n klomp mense dit verkeerdelik as 'n feit aanvaar het maak dit nie 'n feit nie want die feit is albei gewigte val teen versnelling g na die aarde toe. Die feit dat ruolie vandag Rx kos en more Ry is nie feite wat verander nie - x rand op een tydstip en y rand op 'n ander tydstip is twee feite wat vir ewig bly staan, selfs al word die aarde deur 'n gravitasiekolk ingesluk.
Beste Jan,
Ek dink die probleem lê by hoe ek en jy na 'n feit kyk. Vir my is 'n feit 'n gegewe wat op hierdie oomblik as waar aanvaar word. Jy toets 'n feit van die verlede met die hedendaagse kennis.
Jy beweer 'n feit is nie mensgemaak nie. Sê dan vir my wie het die volgende feit gemaak: Ruolie se prys is R669 per vat.
Selfs 'n feit soos "'n 10-pondgewig en 'n eenpondgewig val ewe vinnig aarde toe," is mensgemaak. 'n Mens het die eksperiment uitgevoer en die resultaat daarvan gesê of neergeskryf. As hy dit nie gedoen het nie, sou dit nie 'n feit gewees het nie, want niemand sou daarvan geweet het nie.
Selfs die feit dat die son in die ooste opkom, en in die weste ondergaan, is mensgemaak. Die gebeure is nie mensgemaak nie, maar die beskrywing van die gebeure is mensgemaak. Wie het in elkgeval gesê oos moet oos genoem word en wes, wes?
Groete,
Angus
Kommentaar
'n Feit is ook maar net 'n feit solank 'n feit 'n feit is. Dit was eens op 'n tyd 'n feit dat die aarde plat is.
Angus, dit was nog nooit 'n feit nie. Dit was nog altyd 'n versinsel.
Praat jy van SA? Jy droom swaer.
Vlug gerus na 'n mier.
Vlug na 'n mier sê jy? Wat beteken dit? Dis net in flieks soos 'Forest Gump' wat mense verhewe konnotasies aan enkellyn absurditeite heg; dit werk nie so in die werklikheid nie.
Angus, dit was nooit 'n feit dat die aarde plat is nie, want dis 'n feit dat die aarde rond is, 4,5 miljard jaar al.
Jan Rap: Jy is reg. Feite verander nooit. Dit is net die versinsels wat aangepas moet word.
Feite kan verander. Voor 1950 was dit 'n feit dat die mens 22 chromosome het. Voor ruimtereise was dit 'n feit as jy iets soos 'n koppie in die lug hou en los, dat dit val. Feite is belangrik, maar nie onveranderlik nie.
Iets klop nie want elke sel bevat normaalweg 23 - 22. Lyk maar dieselfde in mans en vrouens, dit is net die 'sex' een wat in man en vrou verskil.
'n Koppie val nog steeds as jy hom los, dis 'n feit so ook die feit dat die aantal chromosome na 1950 nie verander het nie. 'n Wan-, of verkeerde, opvatting verander nie die feite nie. Terloops, laaank voor ruimtereise het mense al geweet jy kan iets in 'n baan om die aarde, of son of enige hemelliggaam plaas.
Beste Jan,
Feite is mensgemaakte idees, soos hipoteses, wette, en teorieë. Daar kon dus nie 4,5 miljard jaar gelede enigeen van die vier bestaan het nie. Dit was vir die mensdom eens 'n feit dat die aarde plat is. Met die wetenskaplike kennis wat ons nou het, weet ons dit is verkeerd. Samuel Birley Rowbotham het bv in 1816 "bewys" dat die aarde plat is, deur in die winter met 'n teleskoop plat op sy maag op die bevrore Bedfordkanaal te lê en kon hy skaatsers 6 myl ver sien skaats. Dit is ook so geleer aan kinders op skool, en diegene wat dit teengestaan het, is gemaan om tog nie te diep te delf in dit wat die Bybel ons leer nie. Uiteindelik het dit op hofsake uitgeloop toe wetenskaplikes begin uitwys het dat Copernicus en Galileo alreeds bewys het dat die aarde rond is. (Vgl John Hampden vs Wallace (Darwin se eweknie)) Die meeste mense dink feite is onveranderlik, die belangrikste deel van die wetenskap, maar wetenskaplikes beskou die teorie as die belangrikste, dan wette, dan hipoteses en dan eers volg feite.
Groete,
Angus
Angus, daar is 'n verskil tussen woorde en die werklikheid.
Ja, met woorde kan jy lieg dat die nete op jou kop bars.
Beste CM en Jan,
Feite kan verander of julle dit nou wil glo of nie, en dis ʼn feit soos ʼn koei. So deur die jare is ek ʼn hele klomp feite die kop ingeprent, en eksamen daaroor geskryf.
Feit: Pluto is die tiende planeet in ons sonnestelsel. (Deesdae word dit beskou as slegs ʼn klippie wat om die son draai.)
Feit: diamant is die hardste stof op aarde. (Diamant nanorod, Rhenium diboried, Beta koolstofnitried, boronnitried, is baie harder.)
Feit: Die hoogste berg in Suid-Afrika is Mont Aux Sources. (Deesdae is dit ʼn feit dat dit Thabana Ntlenyana is.)
Verder: Newton se wette is omvergegooi deur Einstein, gaan kyk maar so ʼn bietjie.
Die mensdom het dit eens as ʼn feit aanvaar dat die aarde die middelpunt van ons sonnestelsel is, totdat Copernicus en Galileo die feit die nek ingeslaan het. Vandag is dit ʼn feit dat die son die middelpunt is van ons sonnestelsel.
ʼn Feit is tydgebonde. Dit is ʼn stukkie waarheid wat op daardie oomblik as onveranderlik aanvaar word. Niemand kan in die toekoms kyk wat van ʼn feit word, soos julle met nawete kan doen nie.
Groete,
Angus
Beste Angus
Dit is soos om te verklaar dat elkeen sy eie waarheid kan hê.
Beste CM en Jan,
Om julle twee menere se koppe so bietjie uit die groef van onveranderlikheid te lig, net die volgende:
Alles is besig om te verander, en 'n mens kan feite op so 'n tydlyn plaas: feite wat vinnig verander links, na feite wat nooit of byna nooit verander nie, regs.
Links sal bv wees die feit dat Brent ru-olie se prys $49 per vat is, regs daarvan die feit dat my motor splinternuut is. Regs daarvan kom bv die feit dat ek jonk en gesond is. Dan bietjie meer na regs, kom die feit dat my huis se dak nie lek nie. Verder regs die feit dat die All Blacks die nommer een span in die wêreld is. Nog verder regs, mense word gebore met vyf vingers aan elke hand. Nog verder regs, die son kom in die ooste op en gaan in die weste onder. Nou moet julle maar julle feite ook rangskik en kyk of almal dalk heel regs lê.
Groete,
Angus
Angus, jy verwar 'feit' met 'begrip', 'opvatting', 'idee', 'mening', 'konsep' of so iets. Indien jy 'n opvatting het wat nie strook met die feite nie dan is dit 'n wanbegrip of wanopvatting; soos dat die aarde plat is. Dit is 'n feit dat jou Rowbotham met 'n halfgebakte eksperiment tot die verkeerde gevolgtrekking gekom het naamlik dat die aarde plat is want dis 'n feit soos 'n koei dat die aarde rond is. Om die waarheid te sê, Erastothenes het meer as 2000 jaar gelede al die omtrek van die aarde bepaal (deur die meet van skaduwees) so wat Rowbotham met daardie eksperiment besiel het weet g'n mens nie.
As Thabana Ntlenyana die hoogste berg in SA is, is dit 'n feit en dit was onkunde wat mense laat dink het dat Mont Aux Sources die hoogste was; dit was 'n wanbegrip. Feite is dus nie mensgemaak soos jy beweer nie; soos CM sê, feite verander nooit, net die versinsels.
Beste Jan,
Ek weet nie wat 'n 'of so iets' is nie, maar ek weet wat 'n feit is, wat 'n begrip is, wat 'n opvatting is, wat 'n idee is, wat 'n mening is, en wat 'n konsep is. Ek verwar niks met mekaar nie, is sober van gebruike en helder van denke.
Vir Rowbotham en sy volgelinge was dit 'n voldonge feit dat die aarde plat is, en hulle het dit wiskundig en andersins bewys. Dis vir baie en vir my ook nie 'n feit nie. Ek gebruik dit maar net om vir jou onthalwe sodat jy 'n beter begip van die woord 'feit' kan kry. Ek sal dink daaroor, en miskien hier onderaan verder vir jou verduidelik dat feite nie die wet van die Mede en die Perse is nie; daar is feite wat verander en dan feite wat mensgemaak is.
Groete,
Angus
Beste Jan,
Aan jou skrywe hierbo is dit duidelik dat jy nie mooi begryp wat ʼn feit is nie. ʼn Feit is ʼn gegewe wat meestal op hierdie huidige oomblik (in die teenwoordige tyd) waar is. Die outentisiteit daarvan word meestal aanvaar sonder om ondersoek in te stel. Kom, ek gee vir jou ʼn paar voorbeelde.
Feit: die aarde is rond. (Die meeste mense aanvaar dit sonder om elke keer ondersoek in te stel. Dit geld vir nou, en ook die toekoms, en is dus onveranderlik.)
Feit: Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 in Tafelbaai aangekom met sy drie skepe. (Dis waar van toe tot nou en in die toekoms.)
Feit: Die prys van Brent ruolie (die korrekte spelling) is nou, terwyl ek tik en op die rekenaar kyk, R669.52 per vat. (Hierdie feit is veranderlik. )
Feit: Donderdag (11/24/2016) was die prys van ruolie op ʼn stadium R671.76 per vat. (Hierdie feit is onveranderlik.)
Bestudeer bogenoemde aandagtig, en hopelik sal jy my nie daarvan “beskuldig” dat ek ‘feit’ met ‘begrip’, ‘opvatting’, ‘idee’, ‘mening’, ‘konsep’, ‘of so iets’ verwar, en dan self die begrippe met mekaar verwar, wat nie juis verkeerd is nie.
Natuurlik is alle feite mensgemaak. Wie dink jy, het gesê die aarde is rond? God? Wie dink jy het Thabana Ntlenyana sy naam gegee, en sy hoogte bo seespieël bepaal? God? Onthou, ʼn feit is slegs ʼn feit as dit in taal omskrywe is, en dan bedoel ek taal in sy wydste sin. ʼn Feit kan ook bv. deur ʼn tekening of formule oorgedra word.
Feite is natuurlik ook snaakse geite. Wat vir sommiges feite is, is vir ander weer onsin. Vir die Christen is dit ʼn feit dat God en die hemel en die hel bestaan. Vir die ateïs is dit weer pure twak.
Groete
Angus
So word die bedenksels van mense met woorde waarhede gemaak.