kykNET Fiësta-benoemings 2018

  • 0

Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer vir ’n ryk oes gesorg.

kykNET streef daarna om talent te ontgin en aan te moedig deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep. Die kykNET Fiëstas is hierdie platform wat elke jaar die grootste rolspelers byeen bring om die werk van die afgelope jaar te vier.

Dié gala-geleentheid vind volgende jaar op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaas en word oudergewoonte regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai. Schalk Bezuidenhout sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en uittreksels uit benoemde werk.

Vanjaar is die publiek ook welkom om die aand by te woon. Vir diegene wat graag skouers met die benoemdes, bekendes en wenners wil skuur, kan vanaf Maandag 4 Desember kaartjies by Computicket koop.

’n Onafhanklike paneel besoek elke jaar die feeste waar nuwe Afrikaanse werk te sien is en beoordeel die teater-, kuns- en musiek-aanbod. Hierdie jaar het Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees gesamentlik gesorg vir 197 nuutgeskepte produksies. NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) het die afgelope jaar vier vlagskip-produksies vervaardig asook veertien produksies finansieël ondersteun wat by die onderskeie feeste te sien was.

Die kreatiewe span wat vir die uitsending van die kykNET Fiëstas verantwoordelik sal wees, bestaan uit onder meer Amy Jephta (regisseur), Wolf F Britz (assistent-regisseur en tegniese versorging), Rudi Botha (televisie-regisseur), Janine Neethling (musikale-regisseur) en Juanita Kotzé (inkleding en kostuums). Die uitsending word in opdrag van kykNET deur IdeaCandy vervaardig.

kykNET Fiëstas-toekennings

8 Februarie 2018
20:00
Montecasino Teatro
Regstreekse uitsending: kykNET DStv-kanaal 144
Kaartjies beskikbaar deur Computicket: https://online.computicket.com/web/

 Volg die Fiëstas hier:

kykNET: https://kyknet.dstv.com/South/home
#Fiestas2018

Hiermee die volledige lys van benoemings:

Beste akteur

Albert Pretorius – Wild 
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap 
Paul du Toit – Melk & Vleis 
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

Beste aktrise

Anna-Mart van der Merwe – Liewer 
Antoinette Kellermann – Asem 
Illse Roos – Melk & Vleis 
Tinarie van Wyk Loots – Wild

Beste manlike byspeler

David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie 
Edwin van der Walt – Asem 
Kopano Maroga – BuiteLand 
Wilhelm van der Walt – Liewer

Beste vroulike byspeler

Crystal-Donna Roberts – Altaar 
Elize Cawood – BuiteLand 
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (née Dingaan) 
Tarryn Wyngaard – Liewer

Beste regie

Jaco Bouwer – Liewer 
Lara Bye – Die reuk van appels 
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – BuiteLand

Beste teaterontwerp

Jaco Bouwer – Liewer: Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere: Stel en kostuums 
Neil Coppen en Vaughn Sadie – BuiteLand: Stel 
Philip Rademeyer – Weerkaats: Stel en beligting 

Beste spel in ’n solo-vertoning

Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran 
De Klerk Oelofse – Strooijonker 
Gideon Lombard – Die reuk van appels
Milan Murray – Weerkaats

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks

Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer 
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie 
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

Beste opkomende kunstenaar

Des-Lee McKenzie – Ir(ras)sioneel 
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis) 
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis 
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

Beste prestasie in klassieke musiek

Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis OperaGunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) – Stemme vir Môre 
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers 
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life

Beste prestasie in visuele kuns

Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective 
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap 
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika

Beste musiekgedrewe produksie – buitelug

Innibos Jacaranda FM Konsert 
Rymklets van Oos tot Wes 
Ballades
Judith Sephuma 

Beste musiekgedrewe produksie – podium

Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan 
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar 
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar

Beste musiekgedrewe produksie – teater

Zolani Mahola – Rok en Rol 
Piekniek by Mpande (née Dingaan) 
Die Riel van Hip-hop 
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

Beste aanbieding

Melk & Vleis 
BuiteLand 
Die reuk van appels
Liewer

Beste duo of ensemble

Mike & Mavis 
Liewer 
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie 
Nêrens, Noord-Kaap

Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk

Die reuk van appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die koninkryk van die diere, vertaling deur Marthinus Basson 
Die fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers 
BuiteLand, oorspronklike teks deur Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top