Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 11 September by D’Aria, Durbanville aangebied word. Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon.
Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys se beoordelaars was: Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe met die volgende finaliste:
- Ester – Kerneels Breytenbach (Human&Rousseau)
- ’n Duisend stories oor Johannesburg – Harry Kalmer (Queillerie)
- Kamphoer – Francois Smith (Tafelberg)
Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was: Shireen Crotz, Carina Hanekom en Madri Victor met finaliste:
- Stiletto's van staal – Bernette Bergenthuin (LAPA Uitgewers)
- Ewebeeld – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
- Raaiselspieël – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Diana Ferrus, Margot Luyt en Bernard Odendaal was die beoordelaars vir die
Prys vir Poësie met die volgende finaliste:
- Karnaval en Lent – TT Cloete (Tafelberg)
- Mede-wete – Antjie Krog (Human & Rousseau)
- Al die lieflike dade – Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
Prys vir Romanses was beoordeel deur: Carol-Ann Johnson, Didi Potgieter en Kobie van Aswegen met finaliste:
- Ridder in ’n wit jas – Marie-Louise Steyn (Skuilnaam: Amelia Strydom) (Hartklop)
- Liefde sonder voorbehoud – Elsa Winckler (LAPA Uitgewers)
- Tydlose liefde – Elsa Winckler (Satyn)
Prys vir Spanningslektuur se beoordelaars was Sam Cooper, Dirk Jordaan en Kay Karriem met finaliste:
- Dubbelspel – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
- Die 13de kaart – Madelein Rust (LAPA Uitgewers)
- Donker spoor – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
Shirley Ellis, Juanita Swanepoel en Wim Vorster was die beoordelaars vir die
Prys vir Dramateks met finaliste:
- In glas – Nicola Hanekom
- Al julle volke – Wessel Pretorius
- Die dag is bros – Wessel Pretorius


