
Gister ontvang ek hierdie foto vanaf my suster wat tans in St-Sauveur, Quebec, Kanada woon. Sy skryf: Dis harde werk om ‘n paadjie na ons voordeur oop te hou.
Dit laat my wonder: Hoe kan mens ooit jou heerlike sonskynland verruil vir ‘n ander? Alhoewel die foto hierbo prentjiemooi vertoon is dit eintlik ‘n tronk waarin jy toegesluit sit. Meestal vasgekluis binne die huis?
Nee dankie, veel eerder gaan klap ek ‘n toon in ons asemrowende SA-bosveldwȇreld, met sy heerlike wintersweer of gaan snorkel gedurende winterstye in die salige louwarm waters van Sodwana.
Hieronder is foto’s geneem wat ‘n sielvolle sonsondergang in die bosveld skilder. En die heerlikheid daarvan is dat dit geneem is vanuit ‘n oopvoertuig, maw jy kan nog die reuk van gekneusde gras, seekoeimis en vlei-grond ruik. Voeg daarby omring met die Groot Vyf – en die resep se naam is: LEWE!
Hou bietjie dop hoe die rooi van die SA son verander soos dit ondergaan.
ASEMROWEND!
Ons vir jou Suid-Afrika ...
Trienie