Ry saam op die Trein na Kalkbaai

  • 0

Titel: Trein na Kalkbaai
Kategorie: Kinder-en jeugboeke: 5+
Formaat: Sagteband: 200 x 230 mm
ISBN: 9780799358735       

"Die lug is blou en die son skyn helder,” sê Ouma. “’n Heerlike dag vir die strand.” Graham en sy familie kan nie wag om Kalkbaai toe te gaan nie. Maar om daar te kom, moet hulle met die trein ry. En dis waar die groot pret begin! Hierdie lieflike, eg Suid-Afrikaanse prenteboek vertel die storie van ’n opwindende dag in die lewe van ’n Kaapse familie.

Dit is die dag ná Kersfees en Graham en sy familie gaan die dag op die strand deurbring. Op pad daarheen roep hy en sy boetie, sy sussie en sy nefie hardop die name uit van die stasies waarby die trein verbyry: “Bonteheuwel! Langa! Pinelands! Ndabeni! Maitland!” Dit word die soort dag wat jy wens wil nooit, nooit, ooit eindig nie – ’n dag propvol sonskyn, sandkastele, liedjies van ’n Klopse-orkes ... en met waatlemoen en roomys vir nagereg!

Koop Trein na Kalkbaai by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Ook in Engels as Train to Kalk Bay en in Zoeloe as Ukuya eKalk Bay ngesitimela beskikbaar.

Lees 'n onlangse onderhoud met die skrywer, Graham Isaacs, op LitNet.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top