Trein na Kalkbaai

  • 0

 

 

“Die lug is blou en die son skyn helder,” sê Ouma. “’n Heerlike dag vir die strand.” Graham en sy familie kan nie wag om Kalkbaai toe te gaan nie. Maar om daar te kom, moet hulle met die trein ry. En dis waar die groot pret begin!

Naomi Meyer gesels met Graham Isaacs, die skrywer van hierdie storie, oor Trein na Kalkbaai.

Hallo Graham, baie dankie vir die geleentheid tot gesprek. Ek het nou net die voorreg gehad om na jou wonderskone boek Trein na Kalkbaai te kyk – baie geluk hiermee. ’n Boek wat ’n grootmens laat lus voel vir ’n seevakansie. Het jy van kleins af gehou van skryf?

Opstel en Brief op laerskool, dis omtrent al.

Jy woon deesdae in Johannesburg, maar ek weet jy kom van die Kaap af. Is die storie wat jy hier geskryf het, dalk omdat jy so ’n bietjie verlang?

Ek verlang altyd hierdie tyd van die jaar na Kaapstad. Nee, die boek is die resultaat van 'n gespek tussen my en Chris van Wyk op pad na King David Privaatskool in Linksfield, Johannesburg, waar Chris die leerlinge moet toespreek. (Hy is die skrywer van Ouma Ruby se geheim.)

Jy is jare lank al betrokke by Pan Macmillan, dus is die boekewêreld deel van jou lewe. Wat maak jou opgewonde oor boeke – en wat maak jou moedeloos?

Opgewonde: Wanneer n nuwe skrywer met ope armes in ons mark ontvang word, en veral as dit ’n plaaslike skrywer is.

Moedeloos: Wanneer jy baie opgewonde is oor n boek wat jy geniet terwyl jy dit aan die boekwinkels verkoop, maar die aankope is nie naastenby wat jy verwag het nie.

 

 

Hoekom ’n kinderboek – of het dit net toevallig gebeur?

Dit het opgekom in die gesprek wat ek met Chris gehad het daardie oggend in die Johannesburgse oggendverkeer. Die gesprek het gegaan oor die tradisie van kleurlingmense van die Kaap in ’n kinderboek vir leerlinge in Graad R tot Graad 3.

Was jou eie kind jou eerste leser (en was sy kwaai)?

Nee, my dogter was nie my eerste leser nie. Sy en haar ma het dit eers maande later gelees. Wie dit eerste gelees het, was Denise Diamond, ’n afgetrede redakteur en uitgewer van kinderboeke wat deeltyds vir Pan Macmillan uitgehelp het om te besluit wat gepubliseer moet word. Was sy kwaai? Ja, en eers het ek gedink sy wil die boek vir my oorskryf, maar ek het baie daaruit geleer.

Skryf jy klaar weer aan iets nuuts ...?

Nie op die oomblik nie, maar ek wil ook nie te lank wag nie, want dan vergeet die lesers van jou. Ek het wel so ’n paar idees in my kop. Nog ’n Kaapse boek ...? Dit weet ek nog nie.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top