Graham Isaacs
Graham Isaacs het in Bishop Lavis en Bellville-Suid in die Kaap grootgeword en as kind dikwels Kersdag op Kalkbaaistrand deurgebring. Sy loopbaan het ’n draai in die onderwys, voedseltegnologie en ontwerptekenkuns gemaak, voordat hy verkoopbestuur as loopbaanrigting gekies het. Hy het vir CNA as Leesbestuurder gewerk, en in 1998 het hy by Pan Macmillan-uitgewers aangesluit. Ná 14 jaar by dié maatskappy, beklee hy die pos van produkbestuurder, en hy is ook verantwoordelik vir verkope in Gauteng en Suid-Afrika se buurlande. Hy woon in Bosmont, Johannesburg, saam met sy vrou en dogter. Met die trein na Kalkbaai is sy eerste boek.
Trein na Kalkbaai
Graham Isaacs, Naomi Meyer
2012-11-09
"Ek verlang altyd hierdie tyd van die jaar na Kaapstad." Graham Isaacs gesels oor sy kinderboek wat grootmense en kinders lus laat voel vir 'n seevakansie.