Nuwe Stories 2013: Wenke van Afrikaans se kortverhaalkenners

  • 0

 

 

"Die kortverhaal is slim, geslyp, slu, skigtig, sexy – en volkome in balans." - Riana Scheepers

 

"Jy moet weet waarvan jy praat. As jy nie weet nie, gaan jou leser jou uitvang." - PJ Haasbroek

"Moenie dink jy kan skryf as jy nie kan lees nie." - Jeanette Ferreira

"Die Afrikaanse uitgewersbedryf is tans genre-behep, en kortverhale wat oorleef, kan nie noodwendig resepmatig geskryf word nie." - Harry Kalmer

"Vertel jou storie vreesloos en in die styl wat vir jou gemaklik is. Daar gaan altyd kritici wees wat nie ordentlik lees of geïnteresseerd is in wát jy te sê het, of hóé jy dit sê nie. Jy skryf vir lesers wat wil lees hóé mense leef, nie vir literatore en hul strukturele vereistes of vir pryse nie." - Helena Gunter

"’n Kortverhaal is vir my soos ’n kwikballetjie in die palm van jou hand. Jy moet hom so manipuleer dat hy heel bly. En is hy nie giftig nie!" - Nanette van Rooyen

"Vertel ’n storie. Moenie nét probeer slim wees nie. Jy kan geweldig baie vlakke inbou in ’n goeie storie. Maar die storie moet eerste staan." - Izak de Vries

"Maak nie saak hoe mal jy is oor iets wat jy geskryf het nie, as dit nie inpas in ‘n kortverhaal nie, moet jy bereid wees om dit uit te gooi." - Kerneels Breytenbach

"Om met integriteit te werk is en bly ’n maatstaf. Om nie jou leser te minag of onderskat nie, máár om ook nie aan potensiële lesers se gemaksones of menings te dink terwyl jy skryf nie." - Rachelle Greeff

Klik hier vir meer inligting oor die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013.

Klik hier vir die kortlys.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top