Nóg ’n benoeming vir In die land van Kammalielie

  • 0

Die kinderalbum In die land van Kammalielie, waarop Anna Davel haar toonsettings van Jaco Jacobs se gewilde kinderverse sing, is pas vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning in die kategorie Kinderalbum van die Jaar benoem. Dit is reeds die tweede benoeming vanjaar vir dié CD, wat vroeër vanjaar ook vir ’n Ghoema benoem is.

In die Land van Kammalielie is ’n versameling liedjies wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige liedjies soos “Wilde perd” en “Bambino, die reus van Bitterbos” tot liriese slaaptydliedjies soos “Slaap, Sibongile” en “Teddie se wiegelied”. Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos “Tien pikkewyne”, “Dinosouruspret” en “Tande borsel”.

Die 21 snitte op die album word gesing deur Davel en die Jakaranda-kinderkoor. Die verwerkings is deur Davel en die gesoute musiekvervaardiger Devereaux van der Hoven gedoen.

Op Litnet skryf Naomi Meyer: “Hierdie is ’n CD wat ’n volwassene wat die vorige dag heeldag daarna geluister het, nie sal omgee om in haar kop te hoor draai ná die langpad nie.”

Die Tempo-toekennings word op 23 Julie oorhandig. Om vir In die land van Kammalielie te stem, SMS voor 12 Julie om 17:00 die kode TEMD2 en jou NAAM en VAN na 32113. Elke SMS kos R1 en slegs 20 stemme per nommer word toegelaat. Jy kan ook stem deur Huisgenoot se webblad of Facebook-blad te besoek.

In die land van Kammalielie kan by LAPA Uitgewers bestel word deur (012) 401 0700 te skakel, of stuur ’n e-pos na lapa@lapa.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top