Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), eerste kwartaal
2024-03-19Is jy in graad 9 en voel jy soms of jy van jou toets- of eksamenwerk soveel weet soos die man in die maan? Jy hoef nie langer vir die maan te blaf nie. Hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans gaan jou na die sterre laat reik.
Graad 11: Wiskunde-toets 2 en memo, kwartaal 1
2024-03-18Is jy in graad 11 en lus vir ’n lang wegbreekvakansie? Voordat jy die rit op die reguit spoorlyn aanpak, kan jy eers in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Anne Langeveldt meer leer oor die kollineariteit van ’n stel punte op ’n enkele reguit lyn. Jou punte sal soos ’n stoomtrein vorentoe snel!
Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, eerste kwartaal
2024-03-13Is jy in graad 7 en kan jy nie wag vir die skoolvakansie en meer tyd in die buitelug nie? As jy hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht aflaai, kan jy jou verbeel jy is buite in die natuur omdat jy so baie daarvan gaan leer. Boonop gaan jou ouers so tevrede wees met jou punte dat julle lekker vakansie sal kan hou!
Graad 11: Wiskunde-toets en memo, kwartaal 1
2024-03-13Is jy in graad 11 en vergelyk jy jou te veel met jou klasmaats se lewens op die sosiale media? Oefen eerder jou Wiskunde-vergelykings met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt. Laai dit hier af. Binnekort gaan jou klasmaats jaloers wees op jou goeie punte!
Graad 10: Wiskunde-toets 2 en memo, eerste kwartaal
2024-03-12Gee eksponente, getalpatrone en vergelykings jou slapelose nagte? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt kan jou help. Klik hier om die vraestel af te laai en jou werk te oefen. Vanaand kan jy ’n bietjie suiker in jou tee oplos en met Wiskunde-oplossings in jou kop gaan slaap. Jou ouers sal bly wees oor die kopseer van jou rapportpunte opgelos is!
Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal
2024-03-06Is jy vanjaar in graad 7 en kan jy voel hoe die seisoene begin verander? Dis herfs en die wind waai jou amper hoërskool toe. In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen is daar ook ’n leesstuk waar jy oor die wind kan lees. Moenie toelaat dat die toetsreeks die wind uit jou seile neem nie; laai die vraestel gratis hier af en dit sal voor die wind met jou punte gaan!
Graad 9: Wiskundevraestel en memorandum, kwartaal 1
2024-03-04Is jy in graad 9 en sit jy al heeldag en dink aan die renjaers wat hierdie naweek resies gejaag het? Dan het LitNet goeie nuus. Hier is n voorbeeldsom in hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveldt wat op motorwedrenne van toepassing is. Jou rapportpunte sal eerste plek behaal hierdie kwartaal!
Graad 10: Wiskunde-toets en memo, eerste kwartaal
2024-02-29Voel jy ongedefinieerd, rasionaal of gelyk aan nul? Nee wat, dis net ’n Wiskunde-vraestel waaruit jy voorlees. Klik hier om die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af te laai en leer hoe om al daardie somme se antwoorde uit te werk. Jy sal tien uit tien vir hierdie kwartaal se Wiskunde kry, graad 10-leerder!
Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 2 en memo, kwartaal 1
2024-02-19Is jy in graad 7 en besorg breuke jou hoofbrekens? Hier is ’n gratis werkopdrag en memo deur Wilhelm du Toit waaraan jy kan smul. Kort voor lank sal jy sien: die wêreld wemel van breuke – en Wiskunde raak so lekker soos om ’n snytjie uit die tert te sny en sommer elke som te verorber.
Graad 8: Wiskundevraestel en memorandum, kwartaal 1
2024-02-12As jy vanjaar in graad 8 is, is jy besig om hoër en hoër deur jou skoolloopbaan te vorder. In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt moet jy juis in die eerste vraag getalle in stygende orde rangskik. Klik hier om die vraestel af te laai. Laat jou ouers solank opkyk om te sien hoe jou wiskundepunte hierdie kwartaal so hoog soos ’n lugballon die lug in klim.
Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, kwartaal 1
2024-02-06As jy in graad 7 is, weet jy teen hierdie tyd dat die getal 7 ’n priem- en ’n onewe getal is. As jy nog meer van al die res van die natuurlike (en telgetalle) wil leer, kan jy Wilhelm du Toit se vraestel en memorandum gratis hier aflaai en voorberei vir jou eerste kwartaal se toets.
Graad 6: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, kwartaal 1
2024-01-30Is jy in graad 6? Teen hierdie tyd weet jy al waar jou plek in die klas is, en as julle skool reeds kleuresport-atletiekbyeenkoms gehou het, weet jy op watter plek jou span op die pawiljoen gesit het. As jy hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Wilhelm du Toit aflaai, sal jy waarde en plekwaarde kan hersien. Jou punte sal sommer na ’n hoër posisie en ’n beter plek toe skuif!
Die juffrou wat kinders laat droom (en lees!)
2024-01-23"Toe ek destyds skool voltooi het, het ek nooit gedink dat ek ’n onderwyser gaan uitnooi vir ’n koffie nie. Nog minder dat ons oor skool gaan praat, maar Lina van der Merwe is nie enige juffrou nie."
Graad 5: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Vat vyf, graad 5-leerder! Jy’s op die regte plek om jou Wiskundepunte te verbeter. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af en kry jou Wiskunde sommer reg van die begin van die jaar af onder die knie.
Graad 4: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Wees ’n ster, graad 4-leerder! Begin sommer vandag om vanjaar se Wiskunde te bemeester deur die eerste konsepte te hersien. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af. Jou opvoeders sal sterre op jou skryfboeke plak as hulle al die korrekte antwoorde in jou toetse sien!
Graad 8: Afrikaans Huistaal, vraestelle 1, 2 en 3
2024-01-17Nuwe jaar, nuwe jy, nuwe skool! Sien jy dat hierdie vak se naam met ’n hoofletter geskryf moes gewees het? Dan is jy op en wakker en gereed vir graad 8. Klik hier, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en oefen vanaf jou eerste skooldag vir vanjaar se Afrikaans Huistaal.
Persverklaring: Proscenium-dramakompetisie
2024-01-17Droom jy van toneelspeel op ’n groot verhoog, op televisie, in ’n Hollywood-film, of om te skitter agter ’n mikrofoon? Gee die eerste tree op jou roemryke loopbaan en skryf nou vir die Proscenium-dramakompetisie in!
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 2-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-19Is jy binnekort in graad 10 en gaan jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Anne Langeveld is daar voorbeelde wat – as jy na die prent met die dobbelstene kyk! – jou met waarskynlikheidsomme kan help. Ons weet die waarskynlikheid dat jy nóú Wiskundesomme gaan doen is nul, maar onthou om volgende jaar, as jy vir die eksamen moet voorberei, hierso vir oefenvraestelle te kom soek.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-13Ons weet die skool het pas gesluit. Dis tyd om kolwyntjies te bak om fees te vier! Ons voeg vandag ’n nuwe vraestel en memorandum by sodat enige graad 10-leerder wat volgende jaar Wiskundige Geletterdheid neem, sal onthou om Lee-Ann Langeveldt se vraestel gratis hier op LitNet te kom aflaai. (En as enige ander leerder hierdie vakansie hul lyf entrepreneur wil hou, kan hierdie einste vraestel jou help om die wins uit te werk wat jy met ’n baksel sjokolade-en-beet-kolwyntjies kan maak.)
Pharos se nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek as skatkis: ’n onderhoud met Delana Fourie
2023-12-12"Woordeboeke is stabiel en word beskou as formele en blywende erkenning van taalontwikkeling en taalverandering, terwyl die internet baie meer vloeiend, soms selfs verbygaande en vlietend is. Al is woordeboeke, hetsy gedruk of aanlyn, stabiel of staties, kan hulle steeds voortdurend bygewerk word om taalontwikkeling te weerspieël."