Liefde op papier: Nagboer

  • 1
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Nagboer

Om oop te spalk, nét reg te vat
die bedding stadig om te dolf
Klamte slaan op, die grond is nat

om voort te plant, maar sonder saad
en eiehandig om te ploeg
Die stuwing na die einde laat

’n blos van nagloed met ’n snak
soos rose teen die nek uitrank
O, seisoenaal, die almanak

van minnaars. Die ou vrug is vrank
dié lekker’s maar ’n vinger lank

 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top