Liefde op papier: In tyd geskryf

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

In tyd geskryf

Toegewikkel onder sluiers van die nag,
volg ek klapvoet jou klokhelder lag,
roeiend oor klipplaveisel
waar jou glim om hoeke gly.

Stuur jy my reg in die suilegang 
van hartsverlang.

Beur ek deur die koepel van gedagtes,
jou heilige katedraal
waar ek fresco's van verledes haal.

Herlewing het my oë in kleur betaal
my sintuie gekats.

Liebchen ek het jou weer gesien
jy het my reguit na die gondolier se
bootjie gelei – 
ons siele ontmoet
waar waters land groet.

Rustig deur die kanaal 
het ons gedryf
vir ewig in tyd geskryf,

en onder die mantelagtige kleed
van nooit vergeet
is daar net ek en jy.

 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top