Vandag gooi ek hierdie klip in die bos. Met die afgelope tyd se godsdiensdebat, was nie ‘n enkele vrou betrokke nie, behalwe ek. Dit het my laat wonder of vroue nog ‘n pad het om te stap voordat hulle vir hulself begin dink.
Wanneer ek so saam met groepies vroue sit en luister na hulle beperkte uitsprake oor godsdiens, is dit duidelik dat bitter weinig nog ooit werklik daaroor gedink het. Dieselfde geld natuurlik vir baie mans ook. Daar is geen sprake van wyer lees nie en alles word vir soetkoek opgevreet. Goedgelowig en oningelig kry sommer ‘n nuwe betekenis.
Ek reken dat vrouens nog sku is om hulself teen godsdiens uit te spreek. Minderwaardigheid en miskenning is deur al die eeue, juis deur middel van godsdiens, by vroue ingedril. Vrouens luister maklik met verwondering na praatjies oor hoe jy vir jou man ‘n juweel kan wees en vir hom op ‘n troontjie kan plaas. Die Bybel sê tog immers duidelik dat die man die hoof van die huis is. Ek vererg my bloedig vir hierdie pienk-boekie-tannies wat sulke snert aan kwylende vrouegehore opdis!
Elizabeth Stanton, ’n Amerikaanse vegter vir vroueregte in die middel agtienhonderds, het die volgende gesê: ”Every form of religion which has breathed upon this earth has degraded woman. Man himself could not do this. But when he declares, Thus saith the Lord, of course he can do it.”
Dis eintlik hartseer dat vroue hul eie grootste vyand is, deurdat hulle nie hulself uit die gemaksone van onkunde en telepeltjiegevoerde dogmas wil ruk nie.
Groetnis
Perdebytjie
Kommentaar
Perdebytjie, ek dink nie Kobus de Klerk se Alie gaan dink jou steek is raak nie.
Kyk hier (https://www.litnet.co.za/Article/ek-bid-vir-die-akademici-en-gesante-van-die-duiwel) wat die "ou ding" onlangs te seg gehad het. Die ou grote Kobus het haar selfs so bietjie gelofies met sy gewone huigel; "Tant Alie is natuurlik reg - omdat sy oor al die nodige Spirituele vermoëns beskik, 'n geskenk van God wat sy aangeneem het en terdeë benut en geniet - oor julle duiwelse gesantskap."
Behalwe vir al die gehekel van KobusdeK se karikaturale huiskerkbende op die werf (nes jy glo ek ook nie Kobus se Alie is 'n regte "Tant" nie), is daar heelwat vroue wat spontaan en entoesiasties redevoer omtrent hul geloof. 'n Paar bekende Afrikanervroue staan op die omslag van die "Godsboek" wat Johannes Comestor op die oomblik met ons deel (onder andere ook ons geliefde prof Christina Landman).
Ek en my vrou het menige nig en vriendin wat hul geloof en ongeloof uitleef. Inteendeel, ek probeer dink wie ek ken wat nog nie hul hart oopgemaak het omtrent hul oortuiging nie - niemand nie ...
In die geskiedenis dink ek met bewondering aan die Moeder van GOD - die Heilige Maagd Maria. Na haar is daar menige heldin wat haar geloof geleef en gesterwe het in die Gemeenskap van die Heiliges. Een so 'n heldin vir wie ek persoonlik groot bewondering koester is die Heilige Johanna van Arkel. Soos KobusdeK in sy fanatiek sou seg - dit verdien 'n "volledige bydrae".
Op internasionale gebied is daar Karen Armstrong. Ek dink sy is besig om berge te skuif met haar geloof.
Maar Perdebytjie, ek's eens met jou - vroue moet baie meer van hul liefde en troos oor die wêreld bring.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
Hello Perdebytjie
Ek kan maar net my opinie gee vir wat dit werd is. Dit is effens teleurstellend dat vroue nie betrokke raak by argumente oor godsdiens nie, maar ek dink dit het baie te doen met die onsmaaklike aggressie wat baie keer saam met dit gaan. Iemand hier op die werf gaan my dalk vertel ek praat twak, maar ek dink tog dat mans meer aggressief en konfronterend is as vroue, en dat dit dalk een van die hoofredes kan wees.
Ek dink dat baie vroue die besluit neem dat godsdiens twak is, en dan eenvoudig aangaan met hulle lewens, anders as idiote soos ek en Kobus wat ons pragtige vere vir almal wil wys. Dis nie dat mans dink die waarheid is nie belangrik nie, maar dis nie altyd die enigste rede hoekom hulle argumenteer nie.
'n Bietjie geloof, suster, daar is dalk baie meer van julle as wat jy dink, al sien en hoor jy hulle nie altyd nie.
Chris
Jy was betrokke, sê jy? Ek dink nie so nie - jou 'bydraes' het bloot gedien om jouself te verneder en uit te wys as insigloos - nie omdat jy 'n vrou is nie, maar omdat jy 'n agnostikus is. Altyd tragie som te sien wanneer vroue so word... mens sou tog dink, dalk wou hê, dat daar net daardie iets meer in hulle sou steek...
Gaan klim liewer teen duin 45 uit. Of gaan speel lekker op duin 7. Probeer net om nie in die proses op die duin, die mikro ekosisiteem te vernietig nie.
Beste Cornelius,
Ek is bly dat jy in jou vriendekring ervaar dat vroue hul mening lug. Dis egter nie my ervaring nie, daarom het ek dit geskryf. Die paar bekendes wat hul koppe uitsteek, is weer eens net 'n handjievol. Een swaeltjie maak nie 'n somer nie! Opsigtelik is daar min ateiste onder hulle. Ek dink nog steeds vrouens is bang om nie te glo nie, of hulle swyg maar liewer vir vredesonthalwe!
Hallo Chris,
Jy is heeltemal reg dat ons bang is vir die onsmaaklike aggressie. Ek vind dit elke keer baie intimiderend as Kobus my so aanvat, maar ek het besluit om nie daarvoor te swig nie. Dis moeilik vir my omdat ek uit 'n tydperk (nie lank gelede nie) kom, waar vroue se opinie meewaardig met 'n knippie sout geneem is.
Ek dink ook dat die deursnee vrou nog nie regtig wyer lees nie, bv oor evolusie, geskiedenis van die ontstaan van godsdiens ens. Dalk het hulle te min tyd, of hulle is in so 'n groef van tevredenheid oor daar eeue lank besluit is waarin hulle moet glo!
Ek geniet julle geskryf hier, want dis stimulerend en laat my dinge in 'n ander perspektief sien.
Groetnis
Perdebytjie
Pragtige skrywe Perdebytjie. Ja dit wil soms voorkom asof daar minder vroue in hierdie debatte betrokke raak, maar ek kan jou waarborg dat 'n groeiende aantal dames jou sieninge deel.
Ek dink dit het baie te doen met die feit dat sommige "gelowige" mans in boelies ontaard, en natuurlik dan ook bietjie aan daardie patriargale bybelsindroom lei. Dit is duidelik uit die kommentaar wat KdK nou weer op jou brief gelees het. Die ou man se houding is maar dieselfde as baie ander mans wat glo dat 'n vrou haar bekkie moet hou en in die kombuis moet staan en kook met krullers in haar hare. Dit is net een te veel vir die KdK - brigade as 'n vrou ook 'n opinie het. Jou opinies en dinge wat jy gereeld hier deel is insiggewend en ligjare voor die drek wat KdK verkondig.
So moet jou nie steur aan die tipies christelike, np - aanhanger gedrag wat ou kdk hier gorrel in reaksie op jou brief nie. Troos jou daaraan dat sy bydraes komiese vermaak is, terwyl jy joune beslis stof tot nadenke gee. Moenie dat die ou jou staan en intimideer nie.
Perdebytjie, ek verstaan jou punt en ek dink jy's reg.
Ek verseker jou ook hiermee dat Kobus se drogma eintlik totaal skadeloos is. My kringetjie is ook maar eintlik klein en hoegenaamd nie verteenwoordigend van die Afrikanerdom se patriarge Nasionale Christelike onderdrukking nie.
Maar ek dink dinge evolueer tog stadig maar seker. Ons een vriendin is selfs tot ouderling in die Hervormde kerk bevorder.
Gelese aan die ou grote Kobus se woernaal aan jou, is dit duidelik dat die kreasionisme wat so in hul eie huiskerkbendes gedy nie-gelowige vroue summier as hekse sal stenig of op 'n brandstapel sal teregstel.
Ek is egter dankbaar vir die genade waarin ons leef en het baie agting en waardering vir jou standpunt Perdebytjie.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
Kobus, ek is regtig geskok in jou houding. Selfs toe jou ou alie my so verskreeu het, het ek nooit so laag gedaal om haar so sleg te se nie. Dit is eenvoudig nie hoe ek grootgemaak is nie. My pa sou my 'n dwarsklap gegee het as ek ooit so met 'n vrou sou praat, en hy was baie meer christelik as jy ook. Hy sou nie eers die moeite gedoen het om darwin so op te swot soos jy nie.
Dalk is dit maar my ateistiese waardestelsel wat triomfeer oor jou sieklike vorm van christenskap, maar ek kan dit nie duld as mans so dreigend en verhewe iemand van die skoner geslag aanspreek nie.
Maar ons sou dit seker moes verwag van iemand, wat al op rekord is hoe hy sy vroulike kliente in die verlede benader het. Ek kry die gevoel dat jy nie vroue respekteer nie. Ek onthou destyds hoe jy tot jou tannie alie en erika geskel het vanuit die hoogte uit.
Cornelius, ek het nog nooit getwyfel dat tant alie die regte tant alie is nie. Ek ken heeltemal te veel tant alies. Ek weet nie hoe oud ou perdebytjie is nie, maar die meerderheid tannies met wie ek te doene kry op my ouderdom is tant alie uitgeknip.
Johan ek is beslis geen meester in mensekennis nie, maar ek sal opreg verskoning bied as ek die dag moet besef dat Kobus se Alie 'n regte tante is. Miskien het ek te veel Casper en "Tannie Evita" shows gesien. Nietemin, ek sal verskoning bied as die tante 'n regte Alie is. Ek deel jou standpunt omtrent die skoner mens in ons vroue ...
Kobus,
Hoe kan ek myself verneder deur te wys dat ek 'n agnostikus is? Wat is vernederend daaraan en wat maak my meer insigloos as vir jou? Jy is net so insigloos as dit kom by gesonde verstand en feite wat spruit uit die wetenskap. Jou eindelose gespoeg en plak, die afgelope tyd is die bewys daarvan ... vernederend op die kuberruim vasgevang, vir almal om te sien. Maar weet jy, gaan baai nou lekker in jou liefdelose spiritualisme, hoor!
As my bydraes so pateties was soos wat jy beweer, hoekom het jy dit gelees?Jou chauvinistiese onderbroek sleep op jou miserabele deurgeskuurde, deurgebidde, spirituele kniee. Terloops ek is 'n ateis hoor!
Cornelius,
Ek respekteer jou sagte aanslag. Met so 'n persoon kan ek in 'n lang gesprek gaan en mens kan rustig verskille bespreek, sonder om beledigend te raak. Dis juis mense soos Kobus wat vrouens laat terugdeins om ook gesonde opinies te lug. Hy verketter oombliklik die persoon en probeer nie eers verstaan wat gese word nie.
Deur jou tipe aanslag, behou jy altyd jou waardigheid en daarom sal ek eerder jou standpunte oordink, as die van 'n agressiewe, aanvallende kwasi-christen s'n!
Johan,
Dankie vir jou ondersteuning. Ek sal egter nooit Kobus se verlede teen hom te hou nie. Dis sekerlik iets waarvoor hy al dubbel en dwars geboet het en ek voel nie dat 'n mens meer daarna moet verwys nie.
Terloops,ek is nie 'n baie ou perdeby nie!
Kobus,
Ek sien jy het ontpop in 'n baasspeurder met verwysing na my spelery in die duine. Jy weet nie hoe lekker dit is om daar te speel nie. Ek het persoonlik al vyfmaal Duin Sewe uitgeklim en loop die duine by Swakopmund elke vakansie plat.
Ek beskik ook oor 'n baie goeie kennis van die duin-mikro-ekosisteem, dus hoef jy nie bekommerd te wees dat ek dit sal beskadig nie.
Cornelius, ek sal ook nie met sekerheid kan se nie, maar ek moet se dat ek niks vreemd in "tant alie" se gedrag sien nie. Dit is genoeg om die hare te laat rys, maar jy moet bietjie van hierdie gryskop tantes en ooms in die aftree - oord mee kom gesels. Tant Alie lyk soos Richard Dawkins vergeleke met van die tannies en ooms met wie ek daagliks te doene kry!
Die mense soos KdK wat maak dat ek, as vrou, elke dag, al hoe meer die vryheid wat ateisme bied, waardeer en geniet