Poësie-kompetisies | Poetry Competitions

 
Hoe lyk jou stad-kompetisie: Wenner aangekondig

Wanneer dieselfde vier verse ná ’n tweede of selfs 'n derde lees uitspring, weet mens hierdie is jou skouperde.

Van die dertien finaliste het ek besonder baie gehou van:

Ollie Olwagen se "My stad (Bellville)";
Fanie Viljoen se "Bloemfontein";
Petra Courtney se "voorstedelike vrydag (1987)"; en
Hilda Smits se "ongetiteld (Mooirivier)".

Ek is mal oor die "Bell wat nie ville nie, maar moet?" en Olwagen se vraag oor hoe op aarde hy nou dié stad kan besing?

Viljoen se stad, waar hy 'n randfiguur is en die plek self in die middel van als: waar hy alles veilig op 'n afstand kan dophou en selfs in die toekoms 'n tipe Tron sal kan word.

Courtney se voorstedelike Melville op die rand van gemoedelike malheid en die sosiale kommentaar.

Maar dis Smits se ma se Mooirivier wat my oorrompel het. Daardie nostalgie, die herinneringe: die "basterhonde in die stowwerige jaart" en die "proesende Anglia wat straatop beur", "waar die toiletseat waggel en skree soos 'n ou, vet dame" ...

En hoe die Mooirivier ruik en haar ma se "bulderende lag".

________________
  

Die "Hoe lyk jou stad?"-poësiekompetisie het ontstaan na aanleiding van YouTube-video"s waarin digters gedigte oor stede voorlees. Kyk hier op LitNet om jou geheue te verfris. Hierdie gedigte, voorgelees deur Christo van Staden, Jo Prins en Charl-Pierre Naudé, het oor Johannesburg gegaan. Hier is die jongste video in hierdie reeks, waarin Andries Bezuidenhout, Ronel Nel en Jaco van der Merwe gedigte oor Pretoria voorlees.
 

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Bibi Slippers
2012-09-02 @17:33
Baie geluk aan Hilda (en ook aan al die ander skouperde wat Jo uitgewys het).

Dit was 'n opwindende kompetisie en het 'n paar baie goeie inskrywings opgelewer.

Ons maak weer so, binnekort.

Bibi
(Redakteur: Nuwe Skrywerk)
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address