Chris Dippenaar en die Prediker II
Chris,
Hierdie is deel twee.
Let daarop dat die “doderyk” waarna in Openbaring 20:14 verwys word, inderwaarheid met “hades” op Grieks vertaal word – en beteken dáár in daardie konteks “hel” met ’n assosiasie na “Orcus, the infernal regions, a dark and dismal place in the very depths of the earth, the common receptacle of disembodied spirits, the abode of the wicked”. “Sheol” se hoof betekenis is gewoon “S
he’owl,
sheol [shehe
ole/] n f. 65 occurrences; AV translates as “grave” 31 times, “hell” 31 times, and “pit” three times.
1 sheol, underworld, grave, hell, pit. 1a the underworld. 1b Sheol—the OT designation for the abode of the dead. 1b1 place of no return. 1b2 without praise of God. 1b3 wicked sent there for punishment. 1b4 righteous not abandoned to it. 1b5 of the place of exile (fig). 1b6 of extreme degradation in sin.”
Daar is die ooreenkoms wat jy beweer, nie bestaan nie. Dit word net nie in Prediker as "hell" gebruik nie, maar meer as "plek van geen terugkeer". Maar sonder Spirituele insig en intelligensie sal jy net eenvoudig nie die kloutjie by die oor kán bring nie ... want jy kan nie die goue draad wat deur ál die Skrifte loop, bemerk nie. Vandaar dat die Skrifte in werklikheid mekaar nie weerspreek nie, maar vir die insiglose leser, wél.
Kyk, jy sál nie regkom, sónder die Gees van God Wie jou daarin sal lei, nie. Dit is Sý Woord, Sý inspirasie en Sy leiding – en jy kan dit nie by die universiteit gaan opswot nie, ook nie by die supermark aanskaf nie – jy sal ’n opregte en nederige verhouding met die HERE móét hê om dit te vermag. Net so kan mens ook nie by die varsity gaan leer om ’n vriendskap met ’n sekere persoon aan te knoop nie, óf by die supermark só ’n vriendskap van die rak af gaan koop, nie – hierdie is ’n Een-tot-een ding – begryp dit nou.
Maar jy praat in sirkels – vergeet waaroor die gesprek werklik gaan? – Jy het beweer dat daar geen aanduiding van lewe na die dood in Prediker is, nie. Ek het, met verwysing na Prediker en die ooreenstemmende Openbaring, vir jou op die teendeel gewys, wat my punt volkome ondersteun. Dáárdie belangrike punt het jou nou heel ontglip. Nou ploeter jy met enkele sekulêre vermeende betekenisse van die Spirituele Woord. Die doel van dáárdie uitwysing aan jou was nie om met jou in ’n onsinnige redenasie oor die betekenis van die Woord betrokke te raak, waarvan jy kennelik by voorbaat niks kán weet nie, maar om vir jou uit te wys dat die eerste dood (waarna in Prediker verwys word), nie die einde van alles is nie, maar inderdaad die voorspel en die begin is van die ewigheid, wat óf na die tweede dood kan lei, óf na die ewige Lewe met God, afhangende van hoe jy jou lewe op aarde gelei het – gedagtig aan die waarskuwing en doel van daardie lewe, soos in Prediker 12:13-14 verwys.
Al jou byvoeglike naamwoorde en skuimende tirades teenoor my is eier op jou eie gesig.
Groete,
Kobus de Klerk