Die week in woorde
Ai Bibi,
Jammer dat die voorreg nie daar was om jou beter te leer ken. Jou naam het gereeld voor my hier op LitNet opgepop, dan het ek oor jou gewonder? Ek dink julle swem tussen al die insetsels op hierdie web en verwonder my hoe julle bybly met al die tientalle insette. Ongelooflik! Ek is trots op julle visie om Afrikaans en ons kultuur so te bewaar. Wil ook dankie sê vir webvoet, is dit Nicky? Wat my foute reggemaak het op die SêNet brief (Geheukiekie 3) wat ek laaste ingestuur het. Ek kon nie glo al die moeite - en dit gratis en verniet! (Ek skaam natuurlik oor elke fout - maar hoe gaan ons anders leer?)
Dankie julle geduld, en Bibi, mag jy gaan van krag tot krag in jou spesiale werk hier op aarde. Gaan leer maar en word eers slimmer. Glo ons sal weer van jou sien.
Web-liefde
Trienie
Hallo Bb
Sad to see you go. Het al soveel mense hier ontmoet en gegroet. Dankie vir al die geduld. Onthou jy hierdie een?: begin onder 'n vrou om bo-op haar te eindig. Nou tender ek seker om deur EC en vroulief gepot te word (My verweer: Alles binne konteks!!!). Anyway, sal kyk vir jou skrywes in My Tyd ens.
Wag vir daardie eerste bundel!
Groete
Adriaan
Bibi neem afskeid van haar pos by LitNet en al die mense wat dit die moeite werd gemaak het.