SA het haar kultuur verloor.
Dis nou westerse-amerikaanse-kitskuur-gemorskos-kultuur allie pad!!
Ons moet nou kastig voluit 'glo' in 'n Joodse got wie se grootste gebod slegs handel oor hoe om mekaar af te rokkel, en om met mense se koppe te smokkel.
Afrika kultuur is glo te kak vir die witmense en hul bose gebod!
ga!
Ek stem waar Zuma seg in VB:
Pres. Jacob Zuma het die naweek byna so ver gegaan as om te sê verkragters behoort die doodstraf te kry.
Hy het in Cato Ridge gepraat by ’n kulturele geleentheid waar hulde gebring is aan Meva Ngubane, ’n ANC-ringkop wat ’n jaar gelede dood is, en gesê aanvalle op vroue is skandalig en sou in die ou dae baie erger gestraf gewees het. “In daardie dae is vroue gerespekteer.
“Deesdae is dit egter nie vreemd om te hoor van ’n man wat homself aan ’n vrou opgedwing het nie; dit is ’n man sonder enige skaamte.
“In die dae van Ilembe (koning Shaka) sou ons met ’n spies afgereken het met mense wat sulke dinge doen. Maar omdat ons nou beskaafd is, sê ons so ’n persoon is ’n verdagte, al het ons gesien hoe die man dit doen. Ou vroue van 90 jaar oud word verkrag...”
In sy toespraak, wat net in Zoeloe gehou is, het hy gesê baie gemeenskappe in Afrika het hul kultuur en identiteit verruil vir die beskawing en só die pad byster geraak. As voorbeeld het hy verwys na swak maniere en ’n gebrek aan respek by die jeug.
“Die beskawing is op ’n vreemde manier na ons gebring,” het Zuma gesê en bygevoeg: “Ons moes ons kultuur prysgee ter wille van beskawing en dit het ons verward gelaat.
“Beskawing het gekom teen ’n koste; ons moes ons waardes prysgee en ook wie ons is.”
Hy het bygevoeg dat vroue nie meer gerespekteer word nie en byna na willekeur verkrag word. Die jeug het ook nie meer respek vir ouer mense nie.
“Selfs in ’n bus staan jongmense nie meer op sodat ouer mense kan sit nie. Hulle beroep hulle net op gelyke regte.
“Ons grondwetlike regte behoort nie gebruik te word as ’n verskoning vir ’n gebrek aan respek vir die ouer mense in die gemeenskap nie. Die twee behoort hand aan hand te gaan,” het hy gesê.
Zuma het verwys na ’n vorige toespraak waarin hy meen hy is buite konteks aangehaal toe hy gesê het honde beteken vir sekere mense meer as vir ander.
“Toe ek dit (die honde-opmerking) gesê het – en ek gaan dit nie herhaal nie – het ek hoofopskrifte in alle koerante gehaal.”
Hy het verduidelik dat hy bedoel het ingevolge die Afrika-gebruike en -kultuur was gemeenskappe in die verlede nie so verdeeld as nou nie.
“ ’n Buurman se kind was jou kind en jy kon hom dissiplineer of jy sy ouer is. Ons het nie weeshuise of ouetehuise gehad nie, want ons het vir mekaar omgegee.”
Dis HOOG tyd dat ons hierdie gewaande westerse idees flink uitdryf.
Afrika KAN en SAL sy eie wette maak.
Ubuntu !!!


Kommentaar
Interessant dat jy saam met Zuma stem waar hy die vergrype van die SwJ's uitwys. As jy glo dis westerse idees wat die SwJ's so flink implementeer is jy paternalisties en dus rassisties; jy gee te kenne dat hulle nie vir hulself kan dink nie of hoe?