Beste Gerard,
Staatspresident Zuma was eers hoof van die ANC se intelligensie-department en ondergrondse strukture, ook in Kwazulu-Natal.
Presies soos Vladimir Poetin van die KGB wat nou weer wonderbaarlik vir 12 jaar staatspresident van Rusland gaan word ten spyte van die VSA se weerstand, kan Jacob Zuma dinge doen wat politieke mededingers sonder dieselfde geheime en ondergrondse intelligensieskakels hom eenvoudig nie kan nadoen nie.
Boonop word Zuma gerugsteun deur die grootste etniese, mees tradisionele en sterkste opkomende polities-ekonomiese aktiewe stam in Suid-Afrika. Die ANC se ledetal in Kwazulu-Natal se ledetal het die afgelope jaar so geweldig gegroei, dat Zuma gerus in 2012 na Bloemfontein kan gaan.
Nie City Press nie, nie The Times nie, nie Rapport nie, nie Beeld nie, nie die Mail & Guardian nie, nie die CIA nie, nie Brittanje nie, nie Mbeki nie, nie Malema nie, nie Afrikaners nie, geen hof nie: niks of niemand kon Jacob Zuma onder hou nie. Niks of niemand kan Jacob Zuma onderkry nie.
Jacob Zuma is die 21ste eeu se Sjaka Zoeloe in terme van politieke impak. Jacob Zuma is groter as die ANC. Die ANC vier in Januarie 2012 sy honderste en laaste verjaarsdag. Daarna breek in dieselfde Bleomfontein ’n nuwe Zoeloe-gedomineerde era in Suid-Afrikaanse politiek aan, soos gepas is volgens die Maya-kalender, sowel as Suid-Afrikaanse demografie.
Nog voordat Dan Roodt sy eerste braaivleis sam met Zuma geniet het, was my motto: Jacob vir president!
Karin Roodt moes my rondom 2008 van die Praagposlys verban, so kwaad was sommige regse Afrikaners vir my, oor my messiaanse Zoeloe-De-la-Rey.
Wanneer ek soggens wakker word is ek onseker: wie is tans die slimste en mees geniale politieke leier ter wereld: Vlad of Jacob? Poetin of Zuma? Beide word deurlopend deur Westerse media gekritiseer en afgekraak, maar beide hierdie manne word kontinu sterker. Terwyl vyandige koerantredakteurs berig oor hulle voortdurende flaters, word hulle voortdurend verseker van meer mag.
Poetin beplan sy opvolgers dekades vooruit, Zuma van Nkandla sal ook. Wat Bush en Clinton sonder sukses probeer het, sal Poetin en Zuma soos die Sjinese regkry: die nuwe keisers kom.
Zumas of Zoeloes sal post-ANC Suid-Afrika of wat daarvan oorbly lei, totdat Jesus weerkom.
Religieus gesien is Jacob self soos Jesus. Jacob Zuma het weer gekom, en die Oos-Kaap oorheerste ANC oorwin. Kyk wat binnekort gaan gebeur met meneer Thabo Mbeki. Niemand kon die ANC oorwin, behalwe iemand binne die ANC self nie.
Vir rasionele Afrikanernasionaliste is die nederige Jacob Zuma die beste geboorte en gebeurtenis sedert Jesus se eerste koms.
Viva Zuma!
Ran Doodt

