Zuma

  • 1

Spreuke 25:15 sê: "Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte
gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek."

Tot dusver is daar net 'n geslegsêery probeer, natuurlik sonder enige
resultate.

Is daar nie 'n meer versigtige benadering wat probeer kan word nie?

Ons kan bv hulp aanbied op gesamentlike belange soos om korrupsie op
grondvlak te bekamp. 'n Deursigtige kultuur op grondvlak sal mettertyd begin
deursyfer na die boonste vlakke. Maar ek is seker daar is nog beter
voorstelle.

  • 1

Kommentaar

  • Ryk ek lees jou brief en deel jou sentiment en benadering. In 'n volwasse beskaafde demokrasie sou jou voorstel moontlik gewerk het. Ek skeer prostitute en politci onder die een kam. Hulle belowe hul kliënte/navolgers dieselfde. Jy haal verse uit Spreuke aan. Dit is goed en wel. Lees bietjie Prediker 10 vers 16 tot 18 en dan sal jy die werklikheid van ons situasie in perspektief kan stel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top