Zombies in Matteus

  • 0

Hello

Watter onsin raak Oom Daan nou kwyt?

Inderdaad die teks gaan soos volg:

Matthew 27:51-53
New King James Version (NKJV)
51 Then, behold, the veil of the temple was torn in two from top to bottom; and the earth quaked, and the rocks were split, 52 and the graves were opened; and many bodies of the saints who had fallen asleep were raised;
53 and coming out of the graves after His resurrection, they went into the holy city and appeared to many.

Is daar enige iemand vir beeldspraak, metafoor, profesie, allegorie, wat aan Oom Daan die werking daarvan kan beskryf?

Volgende gaan ons vertel word daar is beskrywings in die Bybel wat VVV's aanspreek.

Om weer daaroor te dink, het daar nie al ’n haan daaroor gekraai nie?

Die korrekte Afrikaanse term is nie aan my bekend nie, maar die beskrywing van "imaginative literature".

Die digkuns, drama en fiksie.

Daar word nie ’n direkte verwantskap na Matteus getrek nie en dit as fiksie afgemaak nie, maar daar word onderskraging gesoek in die skeppende aard wat die werk van Matteus ook onderbou en die verskeidenheid van uitdrukking wat daardie verbeelding moontlik maak.

’n Verbeelding wat die realiteit in die verse aangehaal moontlik maak, die moontlikheid van, dit is soos dit kan wees.

In die lig daarvan is die pseudo-diepte, die vals ondersoek van ’n Oom Daan, verspot en is dit korrek dat sulke onsin, tesame met die beskrywing wat VVV's beskryf verwerp word.

Oom Daan, ek het nie jou aanvanklike brief gelees nie, en reageer net op die opskrifte. Die argument in hierdie brief staan egter en moet die vreemdheid van die beskrywings in die werke verwys na, op hulle eie terme geneem word en gesien word in die verstommende skeppings uitgebeeld, hetsy dit in die Bybel, die digkuns, drama, fiksie en mites en ander heilige tekste.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top