Jannie Hofmeyr, ’n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan, sy liefde vir Afrikaans en die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling
.
In Deel 1 beantwoord Jannie Hofmeyr die vrae:
- Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy biochemie as ’n loopbaan beoefen.
- Wat beskou jy as die hoogtepunt in jou loopbaan tot dusver?
- Vertel ons meer oor die navorsingsprojek(te) waarmee jy tans besig is. Waaroor gaan dit? Watter bydrae kan dit moontlik lewer?
In Deel 2 beantwoord Jannie Hofmeyr die vrae:
- Watter eienskappe moet ’n persoon volgens jou hê om ’n suksesvolle navorser te wees?
- Wat is jou siening oor Afrikaans as navorsingstaal, spesifiek binne die natuurwetenskappe?
- Hoe het jou paadjie tot by LitNet Akademies geloop?
- Wat is jou visie vir LitNet Akademies? Waar sien jy die joernaal oor byvoorbeeld vyf jaar?

