YouTube-onderhoud: Hendrik Geyer gesels oor LitNet Akademies

  • 0

Hendrik Geyer, 'n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan en navorsing, die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling.

In Deel 1 beantwoord Hendrik Geyer die vrae:

  1. Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy fisika as ’n loopbaan beoefen.
  2. Watter interessante dinge het jy al in jou beroepslewe gedoen of ervaar?
  3. Vertel ons meer van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing, oftewel STIAS, en spesifiek van jou betrokkenheid by hierdie instituut.

In Deel 2 beantwoord Hendrik Geyer die vrae:

  1. Watter eienskappe moet ’n persoon volgens jou hê om ’n suksesvolle navorser te wees?
  2. Wat is jou siening oor Afrikaans as navorsingstaal, spesifiek binne die natuurwetenskappe?
  3. Hoe het jou paadjie tot by LitNet Akademies geloop?
  4. Wat is jou visie vir LitNet Akademies? Waar sien jy die joernaal oor byvoorbeeld vyf jaar?
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top