Yellow skater dress

  • 0

in die kamer aangrensend aan jou slaapkamer
stal jy die vele trofees – soos pouvere
in ’n hoed – van jou rykmansfetisjisme uit
jou nuutste aankoop
honderd-en-vyftig-duisend pond
hang nog in plastiek
ongekreukeld met ’n tikkie meisiegeur
aan die deurknop

wat die verkoopster onwetend vir jou ontsluit het

langs jou op die bed lê ’n verkreukelde kleurafdruk
van die foto wat jy van ebay
gecopy en save het.

 

• Lees 'n koerantberig waaroor die gedig handel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top