Die noukeurige lees van die tesis, "Does Yahweh Exist", van JW Gericke, Universiteit van Pretoria (2003), laat mens verstom oor die kontras wat ontstaan tussen die beeld van Jahweh wat kritiese hantering van die onderwerp skep, en die beeld van Jahweh wat Christen-teoloë die afgelope twee millennia gespin het. Dit is uiters duidelik dat vir lg dit ’n saak van uiterste nood was om vir "die vader van Christus" ’n meer respektabele persona te fabriseer, om sodoende al die ongure waarhede omtrent sy persoon, sy geaardheid, en sy handel te sensor, verbloem, verswyg en omseil. Hierdie tesis maak dit ook duidelik op watter wyse die hele Christelike geloof en dogma ’n fabrikasie van mense is, dus ’n mensgemaakte godsdiens is. Die kontradiksies en teenstrydighede in die god-beeld wat ’n probleem is van skisofreniese afmetings in die gemoedere van baie Christene sal ook duidelik word. Dit gebeur wanneer ’n mens twee gode, een van die "Iron Age", Jahweh (met die karakteristieke van ’n Oosterse despoot), en een van ’n periode vierduisend jaar later (Christus), probeer saamsmelt in een persona: die drie-eenheid (plus Heilige Gees).
Die tesis sal hier gevind word: http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-03192004-135203
Dit is 500 bladsye lank. Lees lekker!
Beste Groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Dagsê Pieter