Wrede Lewe
Ons ooranaliseer die lewe
maar mense sal maak soos mense is
Hoe de hel dit ook al is
Niemand sal verstaan
Niemand sal ooit verstaan
Hoe harder jy probeer, hoe harder val jy neer
Ek gee net my beste, meneer
Maar die wêreld verwerp wat saak maak
Hoe gaan ons eendag geld maak?
Droom in swart en wit
Jy sal wel die kleur in die groter prentjie sien
Die gejaag sal end kry
Rustigheid sal oorwin
Dis die begin van die einde
maar die einde het klaar begin
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


