Wouter – sintese

  • 0

Beste Wouter

Dankie vir jou aangename terugvoer op my laaste brief aan jou.

Ek lees jou as akademies, krities analities, en myself as pragmaties rakende die Afrikaner (kan moontlik in albei gevalle verkeerd wees).

Die volgende opmerking van jou vind ek besonders interessant, veral die laaste gedeelte, nl: “Die idee van Hegel, tesis teenoor antitesis wat uiteindelik tot sintese volg, sal dalk nie geskied nie, aangesien dit ’n gesamentlike identiteit impliseer en dit is nie seker hoe die pole van liberaal en regs kan saamkom nie”.

Die teenoorgestelde pole tussen die liberale Progge (oorwegend Engelse en Jode) en die regse Natte (oorwegend Afrikaners) van die 1970’s het sintese in die huidige DA (2010) gevind. Die EU se sintese is waar voorheen strydende volke wat gewissel het vanaf liberalisme, konserwatisme, en kommunisme, nou in een unie verbonde is.

Ek is van persoonlike mening dat Solidariteit en AfriForum mettertyd sintese onder Afrikaners deur die liberale links, die konserwatiewe meerderheid en die ultra-regs tot samewerkende ooreenkoms vir Afrikaner vooruitgang gaan bewerkstellig. Alreeds is strategiese Afrikaner organisasies wat die liberale (ATKV), konserwatiewe organisasies en regse (Voortrekkermonument-beheerliggaam) spektrum dek, deel geword van die “Afrikaner Burgerlike Netwerk” deur Solidariteit saamgebring. Flip Buys is in die proses om soveel ander Afrikanerorganisasies wat belangstel om ook deel van die Afrikaner Burgerlike Netwerk te word, onder die sambreel van die Taalunie.

Vir my is daar nog opwindende vooruitsigte vir die Afrikaner in ons multikulturele staat. Dit is die dat ek op die hede en die toekoms van die Afrikaner vestig eerder as op Afrikaner verlede wat verewig verby is en wat niks daaraan gedoen kan word nie.

Afrikanergroete

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top