Wouter se pseudo-wetenskappe ...

  • 0

Dis oukei om in die wetenskap te glo, dis darem nie ’n groter sonde as bv om in sesduisend ander godjies te wil glo nie!

Persoonlik wag ek nog vir Naomi Campbell om as GODIN GEKROON TE WORD VOORDAT EK BEGIN GLO, MAAR DIS ’n ANDER STORIE!

Bygesê darem, die Hindoes het ’n paar rêrig wulpse Godinnetjies, dink Doerga, Laksmi en ’n paar ander ook en wat van die lewende Godinnetjie daar in Nepal, oulik hoor, sy sou selfs ou Kowwus se beendere vir hom roer, maar ek dwaal af ... om terug te keer tot die wetenskap en die tallose probleme wat die wetenskap moet trotseer ...

Boeddha was ook nie per se gekant teenoor die wetenskap nie, eenvoudig omdat dit ’n paadjie is wat sommige mense wel soms nader na die waarheid toe kan laat beweeg, al is dit ook hoe ’n ompad en omslagtig ook al.

Boeddha het dus wel aanbeveel dat mense wetenskap studeer, en so kan jy mier treetjie vir mier treetjie aansukkel waarheid toe.

DWS, AS die wetenskap wel ooit daai stadium van WAARHEID gaan bereik?

En dis geensins verseker nie ...

Die Boeddha se wetenskap berus op KENNIS.

Bewustheid.

Volkome insig.

In een Soetra verduidelik Boeddha baie goed hoe het die aarde bv ontstaan.

Onthou hy het 2 500 jaar gelede gewoon, toe jou wonderlike wetenskap nog helaas nie oor veel insigte beskik het nie.

Die wetenskaplike teorietjies van die dag het dikwels gewentel om skeppers, gode, en allerlei wonderbaarlike gebeurtenisse.

Boeddha moes mooi te werk gaan om die werklikheid uit te leg.

Sedertdien, het nog geen Boeddhis ooit gevoel dis nodig om aan Boeddha se woorde te torring, of om sy leerstellings te verander bv nie, en hoekom nie?

Want Boeddha was daai rare mens wat GEWEET het.

Dit wil nie seg dat Boeddha helemal uniek was nie, daar is wel baie ander Boeddhas ook, ooglopend, die heelal is tog reusagtig groot, maar die vraag is egter, WIL jy weet?

Die wetenskap agv sy strukture is dikwels verkeerd, baie kere is dit misleidend, ander kere weer is dit blote spekulasies en raaiwerk, maw, dis ’n warboel idees ... elkeen wat tot die dood toe gedebatteer word.

Die insigte van Boeddha is ietwat anders.

Boeddha het bv ALLES geweet, dis ’n byproduk van Nirvana, maar dit beteken nie dis alles ewe belangrik nie.
Boeddha het veral die probleem van menslike lyding beklemtoon hier op aarde, want ALMAL ly, of jy nou ’n koning, magnaat of boemelaar is, en dis wel iets waaraan ons elkeen suksesvol aan kan werk, al die andere dinge in die heelal is eintlik van minder beland as menslike lyding of hoe?

Wat maak dit werklik saak of verskil of daar 11 of 11 miljoen planete is, en of die aarde 7 of dalk 70 biljoen jaar terug ontstaan het?

Is dit werklik belangrik, kan dit verskil maak aan jou lyding hier en nou?

So, in daai opsigte vat ek maar die sg wetenskap met ’n sakkie sout.

Dis oukei, dit pla my hoegenaamd nie, tensy dit impak maak op my geluk of lyding nie, en hier moet jy saamstem dat die wetenskap deesdae ook ’n hoofoorsaak is van lyding ... dit moet alles maar fyn dopgehou word ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top