Wouter, oor thau's en alleenkennis

  • 0

Hallo Wouter

Dankie, vir jou brief en goeie wense. Dit is wederkerig.

Ek glo die Thau was al te ruste lank voor Cornelius dit gaan probeer rondskommel het. As iets vir hom dieselfde op die oor val, dan is dit ook sommer vir hom dieselfde betekenis, al is dit gans ’n ander taal met ’n ander betekenis – soos die Afrikaanse “neuk” en die Hollandse “neuk”, byvoorbeeld. Genadig staan die Waarheid op sy eie bene en ’n Cornelius se getjommel daaroor sal eenvoudig geen afbreuk daaraan kan doen nie. Die enigste gevaar wat aan Cornelius se getjommel verbonde is, is dat nuwe lesers wat nie daarop bedag is nie, dalk sy snert ernstig kan opneem, terwyl ons ander weet alles wat hy sê, moet eers nagegaan word vir verifikasie, selfs wanneer hy Bruce Lee aanhaal, en dan vind ons merendeels dat hy nie eens die waarheid en feite kan laat begaan sonder om hulle te probeer befonkfaai na sy eie persoonlike “waarheid” net in sy eie verwysingsraamwerk relevant is en dan ook net vir homself, nie.

Maar ek hou van jou afsluiting: “Wat baat dit Henn as hy alleen weet hy is reg?” – Nou dáár maak jy mos ’n skerp waarneming, Wouter … dit is presies wat ek nogal die tyd ook sê van die ateïste, die paartjies wat van God sê wat hulle sê, ongeag die massa wat anders weet.

Wys nou net.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top