Wouter, haat en homoseksualisme

  • 7

Wat beteken die woord en begrip ‘haat’ vir jou, Wouter?

Begin jy ook maar nou, soos Cornelius, dié woord rondslinger na enigeen wat fundamenteel met jou verskil, net om die saak dáármee te probeer afmaak? Dit wil beslis so voorkom. Maar dit gaan nie slaag nie.

Die kwessie van homoseksualisme is vir eeue al ’n bron van ontstigting en ontsteltenis, veral op die antagonistiese en aggressiewe wyse waarop die homoseksualis dit in meer moderne tye aan algar probeer opdring.

Homoseksualisme is bekend as ’n onnatuurlike toestand en ook ’n sondige toestand, vir duisende jare, al. Baie homoseksuele mense stem daarmee saam, selfs openlik, soos jy onlangs ook gesien, het. Maar, hulle doen iets positief daaraan en daarvoor kan mens hulle admireer.

Jy en ander soos jy, daarenteen, swaai allerhande aggressiewe en ontstigtende woorde en terme rond, soos presies wat jy hierbo doen, in ’n poging om mense in ’n posisie in te boelie sodat hulle julle onnatuurlike situasie moet ondersteun! Daarmee vererger jy die natuurlike renons wat die oorgrote meerderheid mense in dié praktyk, het. Ja, daar is ’n klompie mense wat sê dat hulle nie omgee nie – maar dit is nie waar nie, want sodra die effek daarvan hulle begin raak, ontsluit daardie natuurlike renons in daardie praktyke tóg maar, want, soos uitgewys, word dié praktyke nié in isolasie beoefen nie, want die rimpel effek daarvan brei uit na die ganse gemeenskap. Daarom het die gemeenskap ’n belang daarby, seggenskap daaromtrent.

Dit is nié ’n praktyk wat net in privaatheid beoefen kán word, nie. Die las daarvan, op emosionele- en selfs gesondheidsvlak, kring onmiddellik uit na die breër, andersins nie-betrokke en nie-konsensuele gemeenskap. En wanneer lede van die gemeenskap reageer, dán skreeu julle blou moord en slinger allerlei verwyte en groot, maar leë, stellings ronde, soos jy hierbo en elders, omtrent dié saak.

Die haat waarvan jy praat, tragies genoeg, word juis deur julle optrede gekweek. Die homoseksueel, per se, word deur die gemeenskap met net soveel deernis ontvang en behandel, soos enige ander mens met ’n probleem – omdat die homoseksueel normaalweg nie die onnatuurlikheid van die toestand aan ander probeer opdring as normaal, nie. Sulke mense, nes enige ander verantwoordelike mens met 'n probleem, doen die verantwoordelike ding en hanteer hulle probleem om die nadelige effek daarvan te minimaliseer, selfs daarvan ontslae te probeer raak. Dit is waar die geloof in God so wonderlik te pas, kom, soos jy sekerlik al die getuienis gesien en gelees, het. Daarin ontvang hulle nie net die steun nie, maar ook die deernis en respek van die breëre gemeenskap. Geen sprake van haat, nie.

Maar wanneer sommige van julle as antagonistiese arrogante aktiviste begin ageer, dan verander alles. Die harmonie en die gemeenskaplikheid word deur diesulkes self verdring deur die optrede wat aandring op aanvaarding van die onnatuurlike en gepaardgaande dreigemente en in die plek van harmonie en gemeenskaplikheid kom die dinge waarvan jy praat – jy sien, wat julle saai, begin julle dan maai.

Mens kan maar terugkyk oor die kwessie van homoseksualisme en waarom dit nie vir die meerderheid aanvaarbaar is nie . Dit is omdat dit onnatuurlik is. Dit is omdat God mense nie só geskape het, nie. Geeneen het nog óóit in ganse geskiedenis van die mensdom, heteroseksualiteit as onnatuurlik beskou óf afgemaak nie – ook nie vandag, nie, want dit is 'n natuurlike toestand, soos die Woord ook bevestig. Die praktyk, die realiteit, van heteroseksualiteit is dus ooreenkomstig die Woord en natuurlik ook andersom.

Nie so met homoseksualisme, nie. Mens hoef nie iemand te leer om ’n renons in homoseksualisme te hê nie – dit is ’n natuurlike gevoel. Selfs meeste homoseksuele mense is eerlik genoeg om dit só te erken. Vir jou om dus te velde te probeer trek teen God en geloof, tot die mate dat jy selfs vir God verwerp daaroor, oor jou eie keuse wat vir massas ander ’n renons is, is baie onwys en onrealisties – en oneffektief juis vir die rede waarom jy dit doen. Jou eie gewaarwording daarvan, was eers in standerd 3, soos jy self sê. Die ontwikkeling daarvan kon vermy word.

En mens kan die probleem in al die belangrike aspekte daarvan terugtrek tot die onderliggende agnostisisme. Rebellie teen God en Sy Woord. Die leefwêreld van die agnostikus is klaarblyklik nié ’n wêreld van Vrede, Vreugde en harmonie, nie. Op een of ander manier is die agnostikus gedurig gewikkel in een of ander alterkasie of stryd weens sy lewensfilosofie wat hom in konflik bring met die massas gelowiges, spiritueel bekwames, weens die uitlewing van ’n onnatuurlike en Godloënende lewensfilosofie. Die satan, wat hulle agnostisisme inspireer, is dan juis ’n geweldenaar en leuenaar, en affekteer ook alles wat hulle daarop probeer bou. Woordgeweld, is by die agnostikus nie vreemd, nie, te oordeel aan die van hulle wat hier oor die tyd heen, deelneem, nie. Diegene wie hulle op die regte spoor probeer bring, moet juis daarop bedag wees. Ek weet. En hulle probeer die gelowige daarmee intimideer, want volgens hulle, mag 'n gelowige nie kragtig reageer nie - hulle verwar standvastigheid in geloof, met slapjisserigheid en meen dat geloof jou 'n slapjis moet maak. Verkeerd.

Die ironie is dat jy, julle, die antagoniste, hierdie dinge nie wil insien, nie.

Kobus de Klerk

  • 7

Kommentaar

  • Kennis geneem van hierdie reaksie, male sonder tal het ek egter aangedui dat met hierdie debat sit ek uit. Daar is geen begeerte van my kant af om homoseksualiteit hier te debatteer nie. 

     
  • Kobus de Klerk

    Ek neem ook kennis van jou houding wat jy hierbo vermeld, Wouter, maar dan moet jy nie tref-en-trap probeer en as daar reaksie is, dan sê jy, jy 'sit uit', nie. Tref en trap is alles behalwe uitsit.

    Ek moet sê, dit is met ‘n mate van teleurstelling wat ek deesdae jou aggressiewe en antagonistiese tref-en-trapslae oor hierdie einste onderwerp, maar ook ander, gadeslaan, juis oor jou verantwoordelike hantering van hierdie netelige kwessies in die verlede, toe ek en jy nog soos ordentlike mense kon kommunikeer, ten spyte van ingrypende verskille.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Vir almal met harte ... welke die ou grote Kobus dit verwerp al dan nie - ek plaas hiermee al my bydraes aan die voete van Jesus Christus onse HERE ... mag Jesus Christus ons God ons almal vergewe ...

  • Dit is jammer dat De Klerk teleurgestel is, maar hierdie onderwerp word tot vervelens deur De Klerk “herbesoek” en gereeld wil De Klerk in debat hieroor wees, meer as wat ek die nodigheid daarvoor het. 

    Dit is mos nou al op rekord hoe verkeerd De Klerk dink homoseksualiteit is, is daar nog 'n siklus nodig?

    Die aanklag van haat bly staan, die wat so galbitter is oor gay-wees moet ondersoek wat hul motiverings is en hoe rasioneel dit werklik is.

    Nog meer as dit is dat die argumente van De Klerk is nou al so welbekend dat dit kwalik moontlik is om opbouend daaroor te kan argumenteer. 

    Die drywers is soos volg: 

    "spirituele intelligensie" en dat die wat dit besit nie, geen ontledings van enige aard kan doen nie. 

    En:

    Die selfdesepsie waaraan elke deelnemer gebuk gaan wat nie aan die maatstawwe voldoen nie wat De Klerk daarstel nie. 

    Bogenoemde twee drywers word hoeveel maal in 'n verskeidenheid van kombinasies gestel. 

    Daarom Kobus, 

    Sien ek nie my weg oop om in ellelange gesprekke met jou te verval, waar jou teenstander van die begin as "verkeerd" verklaar is volgens bogenoemde riglyne. 

    Verskoon my dus, die dag wat jy kan aanvaar dat "spirituele intelligensie" nie die enigste maatstaf vir ontleding is nie en dat 'n persoon nie onder "selfdesepsie" gebuk gaan nie, sal ek dalk weer in debat staan met jou. 

    Tot dan, nee dankie.

  • Kobus de Klerk

    Spirituele Intelligensie is die enigste werktuig waarmee daar in die realm van Goddelike Spiritualiteit mee gewerk kan word, Wouter, en dit is nie iets waarvoor ons kan gaan studeer en presteer nie, dit is 'n genadegawe van God. Almal kry dit, maar sommige, soos jy, verwerp dit omdat jy God verwerp en God nie wil leer ken en dien, nie. Jy dien eerder jouself.

    Dit is 'n bitter keuse wat jy maak, want uiteindelik gaan dit jou verongeluk.

    Ek haat niemand, kan ek met 'n blye gemoed sê en baie dankbaarheid, sê. As dienaar van die HERE wie deur Hom geïnspireer word, sal ek dit kwalik regkry om iemand te haat.

    Cornelius, in die spirituele toestand van verval waarin hy is, en ook julle, die ander agnostici, gooi die haat links en regs rond. Dit is een van die begrippe wat die meeste deur julle in die gesprekke, aangewend word.

    Haat, soos julle die begrip gebruik, is 'n baie aggressiewe en afbrekende  fenomeen. Maar, omdat die agnostikus die Bron van Liefde verwerp, dit is God, is haat vir die ateïstiese agnostikus 'n baie reële en aktuele emosie en ons bemerk dat julle die term baie maklik gebruik omdat dit so 'n werklike aspek van julle eie siening en benadering van dinge, is. Soos die gelowige dinge aan die Liefde sal meet, sal julle alles aan haat, meet. Te oordeel aan die massas korrespondensie oor die jare heen vanaf agnostici, is haat blykbaar vir julle 'n alledaagse eie konsep en emosie waarmee julle baie geredelik identifiseer. Julle self ervaar klaarblyklik veel meer self daarvan as die deursnee gelowige. Daarom dat dit so pertinent deel van julle verwysingsraamwerk en uitdrukking, vorm.

    Daarom, ook, dat julle baie dinge so maklik as 'haat' afmaak - omdat julle self so maklik haat. Julle oordeel dus die optrede van gelowiges aan die hand van julle eie verwysingsraamwerk - haat. Dus, omdat julle so maklik haat, meen julle dat die gelowige ook so is. Maar julle is baie verkeerd.

    Dieselfde satan wat julle van God vervreem, inspireer julle ook tot haat. Julle verbintenis met haat is sodanig dat julle nie meer goeie raad en waarskuwing uit liefde, kan sien vir wat dit is, nie. Die gelowige se uitlewing van en aanwending van liefde, is vir julle 'n vreemde verskynsel, omdat dit so met haat kontrasteer. Vandaar dat julle dit telkens met antagonisme en aggressie ontmoet, want dit is wat die onderliggende psigose van haat, wat so eie by julle is, sal veroorsaak. Julle beskik blykbaar nie oor gesonde oordeel, oor diskresie, om tussen optrede  uit liefde en optrede uit haat, te onderskei, nie. Omdat julle self so maklik haat, meen julle dus verkeerdelik sulke raad en waarskuwing van gelowiges, is ook haat.

    Dit is tragies.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Hoe melodramaties, maar nutteloos, is jou gebruiklike niksseggende, dramatiese verklaring hierbo.

    Wat jy ook al kwytraak, is in ieder geval aan die voete van Christus (ek wonder of jy besef wat jy kwytraak). Jesus Christus die HERE is Godsgeïnkarneerde Woord en dié het Hy vir ons in essensie laat opteken. Dáár is jou ‘bydraes’, soos jy dit graag self noem (al bydrae wat dit lewer, is tot lastering aan God’s Naam en Woord en tot jou eie oordeel – sien maar weer Mattheus 12:37 – aan jou woorde sal jy geoordeel word) dit reeds uitgewys en geopenbaar as kettery en Godslastering, veral die manier hoe jy Godsnaam en -Woord misbruik op verskeie maniere, soos meeste al oor die tyd heen, uitgewys is deur verskeie gelowiges.

    As jy tog maar sou wou besef dat dit eerder jý is, wat aan die voete van die HERE moet kom, soos ons ander, sodat dit wat jy dán sal bydra, tot die eer van Gods Woord en Naam sal wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top