Ek sien jy roggel iets genaamd homonisic. Nou wat de donnerse nog ’n nuwe naam kom die homoseksualis nou weer vorendag mee? Is jy seker jy bedoel nie dalk homonausic nie? Dit sal reg wees, jy het so pas hier aangekom en ek is klaar siek vir jou.
Doen almal ’n guns en lees deur die argief, daar is absoluut niks nuut wat jy as homoseksualis op hierdie werf mee kan uitkom nie. En sowaar, ek het heeltemal genoeg pret gehad met heen-en-weer beledigings met homoseksualiste. Ek reken almal hier bly op ’n onderwerp tot dit vervelig raak en karring dan aan iets anders. Dit sluit die veteraan-LitNet-homoseksualiste in. Ons ken hulle en weet hulle is deel van die familie. En teen die tyd kan mens met hulle oor allerhande goed praat, ons ken mekaar en ons het ons rondtes gedans.
Wouter jy is ’n Johhny-come-lately wat sommer met die aankomslag left right en center beledigings rondgooi na enigiemand wat jy reken gelowig is. Hey, word wakker, jou gewoontes is nie die kerk se skuld nie, dis jou eie keuse. Alle gelowiges weet dat jou dade teen die woord van G_d is, jou probleem is nie met die kerk of met enige gelowige nie, jou probleem is met G-d self. So hoekom praat jy met die gelowiges daaroor, praat direk met G-d man.
Knape soos jy maak meer mense anti-homoseksualiste as wat die kerk ooit kan.
Duitswester.


Kommentaar
Hello Duitswester,
Wouter, ek soek daai woord "homonisic", maar kry dit nie. Gee asb 'n verklaring, presies wat beteken dit.
Duitswester
Hello Duitswester,
Die woord is “homomisic”. Dit is na aanleiding van 'n artikel wat ek al jare terug gelees het in Psychology Today en nou nog saamdra.
Notas daaruit beskryf dit soos volg:
Surveys indicate that as much as 70 percent of the American public is "homophobic." That misnomer suggests that people fear homosexuals; a more appropriate term would be homomisic, from the Greek term misos ("hatred"), since many Americans actually hate gays.
Baie dankie
Wouter
Ek kry dit nêrens in enige woordeboek of Google nie. “Homonausic” blyk die korrekte te wees. Wouter ek het hoegenaamd geen saak met homoseksualiste nie, behalwe wanneer julle verwag dat diegene wie aan G_d glo dit moet goedkeur. Jy kan nie gehoorsaam aan G_d wees en 'n homoseksualis wees nie. G_d se afkeur daaraan is duidelik gestel en vir my is dit die enigste opinie wat tel. Absoluut alle ander argumente beteken niks. Weereens, ek het nie 'n saak met die homoseksualis nie, hou net by die waarheid dat jy G_d nie eer nie. Ek gun jou alles, meer as enigiets anders gun ek jou afstand.
Duitswester
Duitswester daar is kennis geneem van jou oortuigings en veral die laaste opmerking, die vergunning van afstand deur jou gegun.
Dink jy nie dit is tog so subtiel, 'n bevestiging van die onderliggende drywer wat deur die term “homomisic” verwoord word nie.
Die mislukking om nie eers in die geselskap van 'n gay persoon te kan wees nie.
Waar kom daardie ongemak vandaan?
Dit is wat moet ondersoek word. Net soos jou stelling dat alle ander argumente niks beteken nie, 'n volkome ongegronde en absurde verklaring van jou kant af.
Daar is 'n magdom van argumente wat in oorweging gebring moet word.
Argumente soos:
Jou en ander se irrasionele denke oor die onderwerp en die feit dat daar geen insig deur julle getoon word dat moraliteit nie 'n statiese konsep is nie of net volgens dit wat 'n groep gelowiges oor die onderwerp aanvoer nie.
Daar is argumente van sekere gelowiges wat homoseksualiteit aanvaar soos dit is en geen eise stel soos die van jou soort doen nie.
Ook is daar die argumente van die liberale samelewing wat beide minderhede en minderhede ruimte in 'n pluralistiese samelewing bied.
Die argument is dat hierdie 'n pluralistiese samelewing is en nie net volgens die inslag van 'n enkele "godsdiens" bedryf moet word nie.
Daar is dus baie argumente wat baie beteken in die ordening van die samelewing.
In die lig daarvan was hierdie nie deur my debatteer nie, aangesien die onderliggende drywer nie deur die “homomisic” erken wil word nie en die insig om die volledige argument van hoe seks 'n oorlogsveld is oor die eeue heen nie daar is nie.
Seks vir die heteroseksuele persoon was tot en met die laat 1500's volkome onder die beheer van die kerk en het dit ongeveer drie eeue geneem om uit onder die onderdrukking van die kerk te kom en is die stryd van na die 1900's ook 'n eeu wat ondersoek moet word.
Seks is dus 'n oorlogsveld.
Bespreek daardie geskiedenis ook, die heteroseksuele persoon se eie stryd om vryheid van seks te kan ervaar uit onder die neerdrukkende hand van die kerk.