Wouter
PEW stel hom nie ten doel om in besonderhede die Christelike Godsdiens in sy volle dinamika te dissekteer nie – PEW is ’n bestekopnemer. Dit is dit. Jou steun op PEW om my verwysing na ware gelowiges te wil afmaak, is dus nie aanvaarbaar nie en is maar power.
Maar, laat my weer herhaal wat ek nou die dag aan Panda geskrywe het – dit baat jou nie om die Christendom te wil dissekteer nie – as selfgeïnduseerde agnostikus laat jy jouself nie toe om die dinamika daarvan te verstaan nie en daarom ook nie my skrywes daaromtrent nie. Die Christendom is ’n massiewe globale familie van gelowiges in die Drie-enige God met Jesus Christus die HERE as enige Verlosser en Middelaar – en soos dit maar is met enige snelgroeiende familie, is daar probleem ouers (die Katolieke top hiërargie, ens) én probleem kinders (lou, selfs halsstarrige, gelowiges) in dié groot familie. Die lede van dié massiewe familie, is, soos PEW aandui, natuurlik ook in voorkoms baie divers. Niemand sal dit ontken nie, maar dit maak van hulle nie agnostici nie en dit maak nie van hulle iets ander as Christene nie, omdat, ten spyt van hul diversiteit, hulle almal opreg is in hul strewe na God Drie-enig deur Jesus Christus die HERE en Middelaar. Sommige het die volle Weg reeds gevind, ander struikel en struwel nog om daar uit te kom, of opspoor te bly, maar hulle is algar, met mekaar se teregwysing, besrisping, bemoediging en dinamiese interaksie, onderweg na die Huis van die Één en enigste ware God Drie-enig.
’n Huishouding kan geseënd wees met baie kinders, soos die Christendom-huishouding wél geseënd is. Daar kan binne die konteks van die huisgesin wél dissiplinêre probleme en probleme met toewyding bestaan by sommige lede daarvan, maar dit maak hulle nie minder behorende tot daardie gesin nie en ook nie dat hulle nie weet Wie hulle Vader is, nie.
Maar vir die buitestander, soos jy wel een is, (jy is natuurlik baie welkom om by ons aan te sluit, jy sal met liefde aangeneem word) is dit verkeerd om onkundig ten aansien van die interne gesinsdinamika te staan en dan met onvanpaste kommentaar uit onkunde gebore, soos jy wél lewer, tweespalt in die gesin te wil veroorsaak.
As jy nie moeite gaan doen om dié perspektiewe in te sien en dan my skrywes in die lig dáárvan bejeën nie, sal jy altyd net as onkundige buitestander halfgebakte kommentaar bly lewer.
Wil jy weet wat werklik aangaan? Raak dan werklik betrokke.
Dan sal jy ook besef dat ek PEW oor die groei van die Christendom glad nie misbruik of selfs verkeerd interpreteer nie.
Groete,
Kobus de Klerk

