Wouter
Ernst Mayr is ’n taksonoom wat uiteraard ’n studie gemaak het van die klassifikasie van al die bekende soorte op aarde. As mens nou die Woord neem en daar in Genesis sien watter diere God in die ark wou hê en vergelyk dit met Ernst Mayr se taksonomie, dan kom dit by ongeveer 17 500 verskeie soorte uit.
Sy klassifikasie word gebruik om die maksimum aantal spesies aan te dui wat betrokke kon wees, en dat die ark wel die dravermoë had. Dit is waar Ernst Mayr inpas.
Die waarskynlikheid is egter dat daar minder diere was as vandag, omdat die betrokke spesies diere van destyds sedertdien intraspesifiek kon evolueer – ’n vorm van evolusie wat deur almal aanvaar word.
Groete,
Kobus de Klerk

