Woudwoede
by die skaars skare akkers
reekse ekkers skree
die nag jag
so seker soos kerse
ingang nag in
roekelose krieke koer
‘n swerm wurms swem
oppas pasop
in bos en bas
is bose baas
is bome ou ome
oupas wat die opus oppas
roekelose krieke koer
‘n swerm wurms swem
dapper dieper pad
word mentors monsters
takke katte
riete tiere
ietermagô
jok ‘n bok
goël ek ‘n voël
wat is ‘n ool
hoe! hoe! hoe! hoe! hoe! hoe! hoe! hoe!
in ‘n gunter
g’n nugter rigting
waar regs links
aweregs slinks
het ek ‘n vermoede
‘n woud in woede
(woede word deur musiek of vokaal uitgedruk, bv :iaa! eo! iooyu!)
en verstringel in ‘n droom
worstel ek met wortels
kak ek ‘n tak
groei ek tot ‘n boom
roekelose krieke koer
roekelose krieke koer
roekelose krieke koer
‘n swerm wurms swem
![]() |



