Hennie Meyer is ’n gebore en getoë Pretorianer en werk by Unisa. In 2007 was hy ’n finalis in die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie. In 2008 hou hy sy eerste volwaardige uitstalling van sy konkrete poësie by die Tina Skukan-galery in Pretoria.
Sy werk is al by Woordpoort in Pretoria uitgestal. Hy neem ook deel aan die Oor die einders van die bladsy-uitstalling van die Noordwes-Universiteit, en in 2012 hou hy 'n uitstalling van sy werk by die Melville Poetry Festival.

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 4 van Tafelberg Uitgewers gepubliseer.