Word vanoggend saggies wakker ...

  • 8

... so rondom vyfuur. Ek pluis toe 'n trivialiteit of twee uit.

(1)    Is die glas half vol of leeg?

Wanneer hy leeg is en jy maak hom vol tot half, dan is hy halfvol.

Wanneer hy vol is en jy maak hom leeg tot half , is hy halfleeg.

Wanneer jy hom halfvol/leeg sien, moet jy voorafgaande handeling weet.

(2)   Wie was eerste, die hoender of die eier?

Natuurlik die hoender, want die hoender moes tog die eier maak!

(3)    Dis ons huweliksherdenking en ek maak toe die “limeriekie”

Dis nie ek nie
Dis nie sy nie
Dis ons liefdetjies wat verjaar
Soos goeie wyn
Verouder dit jaar na jaar

(4) Word ek kêns of wat?

Groetnis

Raed-na-Gael

 

  • 8

Kommentaar

  • Toe ek in st ses was, het ons ook 'n hewige debat gevoer oor wat nou eintlik eerste was: die hoender of die eier.

  • Tiens Pretorius

    1 Ja, jy word kêns.
    2 Waar kom die hoender dan vandaan, want hy moet mos uit 'n eier kom, dan nie?

    Varkspek

  • Natuurlik het die hoender gewen. Dis nou nadat ek die outjie wat die eier verdedig het, 'n paar taai klappe gegee het, en die meisie aan haar vlegsels by die deur uitgesleep het.

    • Ai Ai Angus
      En toe wen die hoender deur geweld en nie deur evolusie en natuurlike seleksie nie.

  • Tiens Pretorius

    Ek het die vraagstuk vir julle opgelos: Die Here het die hemel en aarde geskape en alles wat daarin is. Hy het al die diere gelyk geskape, naamlik ook die hoender, met 'n eier binne in die hoenderhen. Toe die eier gelê word en uitbroei, was dit 'n haan. Die haan het voortgegaan en gemeenskap gehad met die hoender, toe word daar op daardie manier meer hoendertjies gebore uit eiers.

    Jan Rap is nou sommer moedswillig met sy wurm, papie en mot. Maar gee my tien jaar, en ek sal dit ook vir julle kan verklaar ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top