"Woorde wat jy kan onthou" deur Danielle Steynvardt

  • 0

Woorde wat jy kan onthou

My hart klop gou
ons lewe begin hier en nou
Sy oë vas op my
hy veë af ? traan en probeer teen dit stry

REFREIN:
Jy geklee in swart en ek in wit
met ons familie wat voor ons sit
My hele lewe lank gedroom van vandag
? huwelik wat val onder God se gesag

Vat jy haar tot die dood jul skei?
Ek hoor dadelik “ja, hoe kan jy nog vra?”
Ek beloof aan jou my liefde en meer
sal jou hart oppas sonder seer

Ek belowe jy kan my altyd vertrou
ek is aan jou sy, amptelik jou vrou

Ek sing woorde
woorde wat jy kan onthou
Ek sing beloftes
beloftes net vir jou

REFREIN

Jy mag nou jou bruid soen
Hy vat my lyf
beter as wat die movies doen
Ek kan nou in sprokies glo
ek het my man, hy’s gestuur van bo

Ek sing woorde
woorde wat jy kan onthou
Ek sing beloftes
beloftes net vir jou

REFREIN

Dis jou bruin oë, dis jou warm lag
Jy smile en fluister “jy lyk beautiful, beautiful vandag”

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top