Woorde van 'n Hart
Ken jy die waarde van die woorde van 'n hart?
Waarheid en drome gaan gepaard
Het jy al gehoor waar kom die liefde vandaan?
Helder morester, 'n engel wat hier bestaan
BRUG:
Maar jy moet weet dis 'n wysheid wat die son en maan moet leer
REFREIN:
Dan besef ek met 'n smile jy ken my, ek ken jou
Die kwaad is klaar verby want gevoel bly ons onthou
As ek verlang weet ek dis hier in my, hier in jou
Jou woorde maak my oë oop, geen seerkry, kan vashou
Ek voel jou roepstem wat die mense nie kan hoor
Met my als sal ek graag vir jou hoop bring
En alles wat jou pla met versigtigheid afskil
Jy kan al jou geheime in my bêre as jy wil
REFREIN
Elke keer wat jy huil is dit seer wat jou laat skuil
En elke keer wat jy lag gee jy weer die liefde krag
Al die dae wat die woorde asemhaal
weet ek die wêreld kan oorstroom
Maar die ware liefde bly hier in my
REFREIN
Elke keer wat jy huil is dit seer wat jou laat skuil
En elke keer wat jy lag gee jy weer die liefde krag
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


