"Woorde" deur Armand Aucamp

  • 0

Woorde

Harmoniseer met die geluid
woorde, klagtes wat jy pleit
Geluid wat jy kan fluit
of dit sing

Gaan ons almal spring?
As die verse ons geluk kan bring
gaan ons sing?

REFREIN:
Want die woorde in my is nie die woorde waaraan jy dink nie
Die serenades, aanmerkings het sy perke
As jy skryf op daai servet
hoe lief jy my werklik het
Woorde is die enigste ding wat my gaan red

Hoe kan ek woorde skryf as my gedagtes leeg is?
Hoe kan ek sing as daar geen woorde is nie?
Die woorde wil net uitkom
Dit wil hierbinne uitkom
Dis op die punt van my tong

Verse, verwagte onder die klagte
Sagte woorde maak dit reg
Sagte woorde in akkoorde

Dis nie wat jy nodig het nie
dis wat ek nodig het
Om jou van jou woorde af te red
Dis nie wat jy nodig het nie
dis wat ek nodig het
Om jou van jou woorde af te red

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top