Wonderboompoort kortstorie-kompetisie

  • 0

Wonderboompoort se KORTSTORIE-KOMPETISIE
INSKRYWINGSVORM

Volle name en van: ................................................................................................................
Kategorie: (Laerskool/Hoërskool/Volwassene) .....................................................................
Ouderdom: .......................................
Selfoon: ....................................................... e-pos adres: ......................................................
Naam van kortstorie: ...............................................................................
Hoeveelheid woorde (400-1200; Gr 1-4 mag minder wees): ..................................................

 


Reëls en reëlings:

 

  1. Sluitingsdatum is 12 Mei 2013.

Op hierdie datum moet alle inskrywings ingehandig wees by die kerkkantoor (Denyssenln 488, Mountain View, Pretoria, 0082) of kontakpersoon. Die kortstorie kan ook ge-epos word aan Naudé Kritzinger: naude.kritzinger@gmail.com

  1. Die kortstories moet tussen 400 en 1200 woorde lank wees. Vir Graad 1-4 leerlinge sal korter stories ook aanvaar word.
  2. Inskrywingsgeld is R20 per inskrywing. Die maksimum van 2 inskrywings per persoon sal aanvaar word.
  3. Die beoordelaars se beslissings is finaal.
  4. Die wenners sal tydens NG Wonderboompoort se Basaar op Saterdag 1 Junie aangekondig word. Behalwe vir die CD- en boekpryse beoog ons dat die wenners se stories asook enkele ander inskrywings in ‘n selfgedrukte bundel opgeneem word. Elke wenner sal 3 kopieë onvang.
  5. Daar is geen vereiste van tema of titel van die inskrywings nie, behalwe dat die aard verhalend moet wees.  Die tema van NG Wonderboompoort se basaar, naamlik “Storietyd”, kan wel in gedagte gehou word.
  6. Die volgende moet saam met die inskrywings ingehandig word:
  7. Die ingevulde afskeurstrokie hier bo-aan
  8. Die uitgedrukte kortstorie moet hieraan vasgekram word. Geen handgeskryfde dokumente sal aanvaar word nie. Alternatiewelik kan die dokument in Microsoft Word formaat na bogenoemde epos gestuur word.
    1. Die lettersoorte Times New Roman of Arial moet gebruik word. Die lettergrootte moet 11 of 12 wees met 1.5 of dubbel-spasiëring op A4-bladsy(e).
    2. Skryf bo-aan die kortstorie die ouderdom van die deelnemer (Bv 25 jaar oud). Die naam van die skrywer moet asb nie op die kortstorie self aangebring word nie te wille van objektiewe beoordeling.
  9. Die betaling van R20 per inskrywing in ‘n koevert gemerk met u naam en “Kortstorie-kompetisie”. Indien die inskrywing per e-pos geskied sal ons die inbetalings-detail aan u deurgee met die ontvangs van u inskrywing.

Klik hier vir die inskrywingsvorm in pdf-formaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top