Wolkbreuk in Bellville
Harde vibrasie in die hart van 'n nasie
Die laaste bietjie oor van 'n volk
word vergelyk met 'n binding
'n Chemiese druipeling
Met die oog op 'n slaagsyfer
REFREIN:
Kom ons hoop net dat vrede
hierdie klugtige lewe
verlos van die oneindige stryd
Sodat hoop kan vorder
Laat die liefde ons oordonder
En teen die oorlog wat nog lank nie oor is nie
Sal die fondasie van ons lewens uiteindelik skuldig bevind word
terwyl die son vermoor word deur die wolke?
Sal hierdie korrupte leiers ooit luister na die betoging?
Want dit voel ons stemme raak net weg in die wind
REFREIN
En intussen is daar 'n wolkbreuk in Bellville.