Wolfgang Amadeus Mozart en Jan Rap

  • 3

Die gewilde rolprent Amadeus het ek jare gelede gesien toe dit pas hier vrygestel is. Soos omtrent almal het ek dit natuurlik geniet. 

Een stukkie daarvan het gegaan oor die Keiser se borgskap en liefde vir musiek, hy kon selfs ook bietjie klavier speel. (Of ten minste daardie instrument wat seker die voorganger was van die moderne klavier.) 

Mozart skryf toe vir hom 'n betreklik ligte stuk, wat die Keiser terstond begin speel. Vir my het sy poging nie te sleg geklink nie, maar die arme man moes taamlik geworstel het waar hy dit sit en speel ten aanskoue van Mozart en 'n paar ander wat daar rondstaan. Toe hy klaar is, vra Mozart hom wat dink hy van die stuk. "It ... It's got to many notes," sê hy toe glo. Dit was seker vir hom nogal moeilik om dit te speel met die baie note wat sy vingers moes vind.

So worstel Jan Rap ook dan vandag met Engels, want Engels het te veel woorde en die Afrikaanssprekendes wil nie daai woorde uitlos nie. Hy probeer keer hier, daar en oral, maar die stroom is nimmereindigend en Jan kan dit nie stopsit nie. 

My raad aan hom is: Aanvaar dit maar so Jan, gaan jy en jou vriende voort om goeie Afrikaans te praat, dit sal tog ook 'n uitwerking hê waar alles in die smeltkroes beland en daar eendag 'n nuwe Afrikaans gaan uitkristalliseer.

Beste groete,

Tiens Pretorius

 

  • 3

Kommentaar

  • Hans, ek kan sien jy is 'n mensekenner. Jan sal goed inpas by Orania, met Afrikaans, toegedruk in 'n blik, beskerm teen alle Engelse besoedeling, verskuil en laergetrek agter 'n dik laning bome.

  • Angus ek sien jy en Jan het die stryd oor die taal Afrikaans aan die gang. Ek sien Jan se punt in, hy wil iets "beskerm" wat hom na aan die hart lê soos menigte van ons. Hy het die moed van sy oortuiging om hom daaroor uit te spreek. Ek weet nie wat jou bedoelings is nie. Jy as Engelssprekende het en sal nie die sentiment huldig wat Jan en andere van ons oor Afrikaans het nie. Geen slimpraatjies en aanhalings en gegorrel sal jou 'n "Afrikaner" maak nie. Berus nou maar daarby en "get over it".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top