"Wolf se Vrou" deur Johan Goosen

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek wens jy kan verstaan
Hoe hierdie man bloei vir jou
Hoe hy dwaal in sy gedagtes
Op soek na vrede, op soek na jou
Ek wens

Ek wens jy kan hoor
Al die dinge wat ek vir jou sê
Maar jy sal dit nie erken
Terwyl die waarheid in jou oë lê
Ek wens

Jy weet nie hoe graag hierdie arms jou wil hê
Maar die Kaap van Storms
Waai my al hoe verder van jou
Windverwaaid sit ek en wonder oor die lewe
Terwyl Jakkals trou
Met Wolf se vrou

Ek wens jy kan sien
Dat alle paaie na jou toe lei
Hoe hierdie gejaag na nerens
Niks beteken, sonder jou aan my sy
Ek wens

Jy weet nie hoe graag hierdie arms jou wil hê
Maar die Kaap van Storms
Waai my al hoe verder van jou
Windverwaaid sit ek en wonder oor die lewe
Terwyl Jakkals trou
Met Wolf se vrou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top