"Wolf se huil" deur Claus Wegmann

  • 0

Wolf se huil

Jy moet luister as die wolwe tjank
Daar is 'n geweerskootklap.
Die aanhoudende huilery vat lank
En dit is 'n pynende klank.

En die Vader van die Heelal
Is dit Jou engele wat uit die hemel val
Of raak ons net effens mal?

KOOR:
Die maan skree vir wolf
dat hy harder moet blaf
Sodat God hom kan hoor.
Ons almal word te veel gestraf.

Die wolf lek sy lippe af,
ons almal op 'n hoop benoud
Soos skape in 'n kraal in gedraf
en die wolf se denke is koud.

En die Vader is ons Skaapwagter,
hopelik kom die wolwe dit agter.
God vra asseblief my skape, blêr net sagter...

(KOOR)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top