In hierdie week se video behandel Lee-Ann West tweesyferheelgetalle vir graad 5-leerders. Teken in op LitNet se YouTube-kanaal om te kyk watter nuwe video's bygevoeg word!
5In hierdie week se video behandel Lee-Ann West tweesyferheelgetalle vir graad 5-leerders. Teken in op LitNet se YouTube-kanaal om te kyk watter nuwe video's bygevoeg word!
5
Kommentaar
Netjies Lee-Ann. Sou net by 'n volgende een wou sien dat i.p.v. die opbreking in 'n sommasie dit ook een kan wees van 'n opbreking in aftrekking, bv. 18x... word dan (20-2)x.... wat dikwels net so goed indien nie beter vir hoofrekening is nie.
Nietemin, ek geniet jou aflewerings. Dis eenvoudig en op die man af. Doe so voort.
Baie baie dankie, waardeer!
Stuur asb gr 5 werk.. ons is in engelse skool. Het julle dit in engels asb?
Hallo! Die meeste van ons skoleinhoud is in Afrikaans. Hier is 'n indeks van al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die inhoud is ingedeel volgens graad en vakgebied. Rol ondertoe om by die geskikte plek uit te kom. Klik gerus op die skakels om die artikels gratis in PDF af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, die LitNet-redaksie
My kleindogter is in Graad 5 en sukkel met haar Wiskunde; gaan dit vir seker met haar deel. Baie dankie dit is so van groot hulp - en hoe jy verduidelik is uitstekend. Hou so aan en baie groete.