Wouter se skrywe verwys, asook HF Verwoerd se waar woorde:
What is use of teaching maths when it cannot be used in practice? That is quite absurd. Education must train people in accordance with their oppurtunities in life, according to the situation in which they live.
Bostaande stelling was nie polities nie, maar prakties.
Hier prof Giliomee se puik perspektiefplasing van Verwoerd se waar stelling. Prof Hermann Giliomee is vandag die mees gesagvolle bron oor Suid-Afrikaanse geskiedenis in die wêreld.
Verwoerd se wiskundestelling is vandag nog net so waar.
Slegs enkele mense in ’n samelewing kan en doen werklik Westerse wiskunde. Vir so 90% van die bevolking is Westerse wiskunde op hoerskool ’n verskriklike frustrasie en totaal tevergeefs in hulle latere loopbane.
Die ANC van Afrika het Verwoerd se woorde waar bewys, en die nuwe vak Wiskundige Geletterdheid ingestel – ’n reuse stap in die regte rigting. Alle mensekinders moet kan tel en somme maak, slegs ’n fraksie moet werklik Westerse wiskunde kan doen. Van daardie fraksie werklike wiskundiges is die meeste mense manlik, sy hulle Sjinees of Europees, en geen onpraktiese politikus kan dit met die beste wil in die wêreld verander nie!
Ran Doodt

