Winter
Êrens in die agtergrond is daar iets wat soos musiek klink
Afrika ritmes, Amerikaanse idees
Ek wens ek kon in Afrikaans dink
Ek wil net meer as ’n swak vertaling wees
REFREIN:
Stuur groete vir die bende, ek wens ek was daar
Sien jou dalk weer in die lente, vir eers moet ek bedaar
Dis n stereotipe gevolg van ouer word
Ek funksioneer stadiger soos die atmosfeer kouer word
Is dit net ek of word die aande dan nou langer?
Gister se stories en vandag se whisky loop in my trane
Dit raak al hou kouer
Ek raak al hoe ouer
Dit raak al hoe ouer
Ek raak koud
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


