Jy het weer die kat aan die stert beet en verstaan die hele ding verkeerd. Mense het veral uit die tuislande na die stede gestroom en die regering destyds het wette probeer maak om dit te keer.
Ek kan nogal met jou saamstem dat party mense meer grond besit as wat hulle nodig het. Elke boer behoort net genoeg te hê om lekker van te leef. Onthou darem dat daar baie omstandighede is wat bepaal hoeveel grond jy nodig het. Jy kan nie op ’n klein plasie boer met ’n duisend beeste nie. En met min beeste maak jy min geld. Die klimaat, reënval, besproeiing of nie, gehalte van die grond en dies meer speel alles in ’n rol. Om nie te praat van peste en plae nie. As jou oes op een deel misluk vir een of ander rede, is dit goed om ’n tweede deel te hê waar dit ’n sukses is.
Maar, dit is nie my plig om jou op te lei nie. Julle ANC's het buitendien bewys julle kan nie boer nie, soos gesien kan word uit die talle mislukte plase wat julle aan pelle uitgedeel het.
Groete,
Varkspek

