Williams
Nee, die ware Godsdiens het nie iets te doen met die sogenaamde Jesus van Afrika, óf Europa nie, want die ware Jesus Christus die HERE is op geen wyse streeks- of etnies gebonde nie, maar vir alle mense wat Hom aanneem, waar ook al op aarde. En daar is massas wie dit reeds gedoen het.
En nee, ek weet nie dat “die wittes” (veralgemening) die godsdiens verkrag en aftrek hel toe nie, want dit is nie te wete nie, omdat dit nie waar is nie, behalwe net natuurlik in die geval van ’n paar waansinnige “wittes” soos jy wat dit probeer doen.
Baie swart kerke en swart kerkgangers is dikwels meer toegewyd as sommige “wittes”, en dit is omdat swartes oor die algemeen weens hul kultuur hulle natuurlike menslike spiritualiteit na waarde ag en graag uitleef en dus in baie gevalle meer opreg in hul aanbidding is as verwesterse blankes wat dikwels swig voor Godsvreemde sosiale inhibisies en humanistiese druk. Dieselfde geld oral in die wêreld, nie net Suid-Afrika nie. Maar net so swig heelwat swartes weer voor okkultiese en paganistiese kultuurdruk en is die uitwerking maar net dieselfde as die blankes wat voor vreemde sosiale inhibisies en humanisme swig.
Dus, dit is maar uiteindelik ’n geval van ses van die een, halfdosyn van die ander. Algar moet hul spirituele sokkies optrek! Jy natuurlik ook. As jy nog daarvan het …
Kobus de Klerk

