Williams en die borrel

  • 0

Williams

Oor die jare heen het hierdie forum ook die las gedra van vele snert wat hier afgelaai word deur allerlei, so tussen die sinvolle bydraes deur.

Maar vir báie jare al, het jy jouself onderskei as die bobaas “garbage purveyor” en jouself ook onderskei as juis die een wat nie uitleef wat jy predik nie. Met jou as voorbeeld is mense ook geneig om moeite te doen om weg te skram van wat jy predik. Daar is net een soort mens wat jou snert sal probeer absorbeer – mense wat nie emosioneel in staat of bereid is om verantwoordelikheid vir hulle interaksie in hul bestaanswêreld te aanvaar nie. Daarom pas dit wat jý sê hulle, want dit stel niks voor waarna hulle hoef te streef of verantwoordelikheid voor hoef te aanvaar nie. Kinders is egter nie so nie. Kortom – jy mors kosbare tyd. Wat jy glo is niks. Wat jy sê is niks. Jou Boeddha is niks.

Die Lewe daarenteen, is álles.

Jy predik ’n vakuum en het skyn-ontwaak in ’n borrel (geskep deur jou ledigende meditasie) wat deur die vakuum daarvan gelaat word. Binne in hierdie borrel is jy geplaas deur die satan, wat ingekom het en die lewensonderhoudende energie wat jou weens jou ledigende meditasies verlaat het, verplaas het en jou in jou borrel gevange hou en jou eie ondergang voor jou laat afspeel op ’n manier dat jy daarna uitsien. Van binne-in hierdie borrel af is alles buiteom, die werklikheid, verwronge en illusie-beelde soos in ’n drogspieël. Intussen maak jy in daardie borrel nes jy wil, want jy is alleen daarin, sonder om te besef watter impak dit na buite laat ... en só bou jou negatiewe “karma” op en wag die hel vir jou – die láááááng dag dat jy deur jou eie karma vernietig word.

Op ’n gegewe dag gaan jou borrel noodwendig bars en dán eers sal jy ontwaak, werklik wakker skrik. En dan sal jy besef dat slegs Jesus Christus die HERE die Mag het om jou van jou eie karma te red. Dat jy die hele tyd in ’n ondeugdelike borrel geleef het.

Hou nou weer gerus verby. En terloops, kinders glo nie wat jy sê nie. As hulle hul voete by die deur uitsit, weet hulle jy lieg.

En jy lieg – jou Boeddha profeteer met sy karma stelsel vergelding en aftjop. Boeddha skryf vir jou voor om in jou borrel te lewe, anders gaan die karma jou bykom … sy nagedagtenis mislei jou.

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top